Inaugural Addresses (Music)

Permanent URI for this collection

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 3 of 3
  • Item
    Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika
    (Stellenbosch : Stellenbosch Universiteit, 2009-04-21) Ludemann, Winfried
    In die voordrag word drie verskillende klemme geplaas: i.) aanduiding van uiteenlopende navorsingsbelangstellings is, ii.) gevolgtrekkings daaruit vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, en iii.) hoe musiek en navorsing oor musiek 'n bydrae kan lewer tot die breër navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. 'n Voorbeeld volg van hoe die skeppende kuns op 'n heel spesifieke manier 'n rol te speel het in die uitdagings wat ons omgewing vandag aan ons stel. Die voordrag word in die volgende punte ingedeel: 'n Hoofdeel wat handel oor diversiteit, gevolg deur gedagtes oor musiek in die konteks van 'n diverse kulturele omgewing en hoe musiek met die herstel en uitbouing van menswaardigheid in ons samelewing in verband gebring kan word, 'n samelewing wat vandag gelukkig binne die raamwerk van 'n demokratiese bestel funksioneer. Daar word afgesluit met enkele opmerkings oor die navorsingsfokus in die Musiekdepartement en aan die Universiteit Stellenbosch.
  • Item
    Professorale intreerede
    (Stellenbosch : Stellenbosch University, 1998-08-19) Roosenschoon, Hans
    Hans Roosenschoon is in 1952 in Nederland gebore en het in 1953 saam met sy ouers na Suid-Afrika geemigreer. In 1976 wen hy die Buitelandse Beurs vir Komponiste van die Suider-Afrikaanse Musiekregte Organisasie (SAMRO), Suid-Afrika se vereniging vir komponiste, skrywers en uitgewers. Dit het horfi in staat gestel om aan die Royal Academy of Music in Londen onder Paul Patterson te studeer. Roosenschoon se musiek word, sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 1978, gereeld landwyd uitgevoer en vind algemeen byval. In 1987 ontvang hy Standard Bank se toekenning vir die Jong Kunstenaar van die Jaar. Hy het ook talle opdragwerke gelewer. In 1991 het hy 'n doktorsgraad in Musiek aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Nadat hy in 1978 die koperblaaskwintet Makietie geskryf het, het verskeie hibriede komposisies van horn verskyn waarin hy avant garde- en postmodernistiese tegnieke met inheemse musiek integreer en ook ander diverse bronne ontgin om 'n uni eke pluralistiese klankkarakter te verkry. Een van hierdie werke is Timbila, 'n egte kruiskulturele werk waarin hy 'n groep tradisionele marimbaspelers van die Chopi-stam in Mosambiek met 'n "Westerse" simfonieorkes kombineer. Roosenschoon se musiek is ook in die VSA, verskeie Wes- en Oos-Europese lande en in die Verenigde Koninkryk uitgevoer. Sy orke~werk Ikonografie is gekies vir die 1992 "World Music Days" van die International Society of Contemporary Music (ISCM) in Warschau, Pole. Ander werke wat buitelandse aandag getrek het, is sy Mantis Balletsuite, Firebowl, Ko, !at ons sing, Clouds Clearing, Magnificat en Timbila. Sy strykkwartet To open a window is in 1996 by die Oslo Kamermusiekfees uitgevoer. Tot 1995 was Hans Roosenschoon Bestuurder van die Departement Musiek van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), Kaapstad. Van 1996 - 1997 washy eers Lektor en later Senior Lektor in Musiekteorie in die Departement Musiek van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Vanaf Maart 1998 is hy aangestel as Direkteur van die Konservatorium en Voorsitter van die Departement Musiek van die Universiteit van Stellenbosch. Professor Roosenschoon is 'n lid van die direksie van SAMRO en van die South African Recording Rights Association Limited (SARRAL).
  • Item
    Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika
    (2009-04) Ludemann, Winfried
    As 'n mens 'n intreerede voorberei, dan vra jy jouself noodgedwonge af watter soort voordrag 'n intreerede nou eintlik is. Aan die een kant word daar sekerlik verwag dat dit op een of ander wyse 'n vakkundige voordrag moet wees, aan die ander kant moet ek ook die persone in aanmerking neem wat nie ewekniemusiekvakkund iges is nie en dus seker in iets meer algemeen belangstel, of dalk selfs 'n toekomsvisie of aanduiding van beleidsrigting vir die Departement Musiek verwag. Daarom wil ek poog om in my voordrag drie verskillende klemme te plaas: i.) ek wi! poog om in die voordrag wei 'n aanduiding van my uiteenlopende navorsingsbelangstellings te gee op 'n wyse wat algemeen verstaanbaar ls,' ii.) ek wil probeer om daaruit gevolgtrekkings te maak vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, waarvan ek die voorreg het om voorsitter te wees, en iii.) ek wil aantoon hoe musiek en navorsing oo r musiek na my mening 'n bydrae kan lewer tot die breer navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. En omdat ons vanmiddag in 'n musiekomgewing is, het ek besluit om sommer die daad by die woord te voeg en te wys hoe ek persoonlik probeer om van hierdie idees op my beskeie manier ook in musiek om te sit.