Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika

Date
2009-04-21
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch Universiteit
Abstract
In die voordrag word drie verskillende klemme geplaas: i.) aanduiding van uiteenlopende navorsingsbelangstellings is, ii.) gevolgtrekkings daaruit vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, en iii.) hoe musiek en navorsing oor musiek 'n bydrae kan lewer tot die breƫr navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. 'n Voorbeeld volg van hoe die skeppende kuns op 'n heel spesifieke manier 'n rol te speel het in die uitdagings wat ons omgewing vandag aan ons stel. Die voordrag word in die volgende punte ingedeel: 'n Hoofdeel wat handel oor diversiteit, gevolg deur gedagtes oor musiek in die konteks van 'n diverse kulturele omgewing en hoe musiek met die herstel en uitbouing van menswaardigheid in ons samelewing in verband gebring kan word, 'n samelewing wat vandag gelukkig binne die raamwerk van 'n demokratiese bestel funksioneer. Daar word afgesluit met enkele opmerkings oor die navorsingsfokus in die Musiekdepartement en aan die Universiteit Stellenbosch.
Description
CITATION: Ludemann, W. 2009 Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika, Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch, April 2009.
Intreerede van Prof W Ludemann, April 2009, Stellenbosch Universiteit, Stellenbosch
Keywords
Diversity, Democracy, Reconciliation -- South Africa
Citation