Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika
Date
2009-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
As 'n mens 'n intreerede voorberei, dan vra jy jouself
noodgedwonge af watter soort voordrag 'n intreerede
nou eintlik is. Aan die een kant word daar sekerlik
verwag dat dit op een of ander wyse 'n vakkundige
voordrag moet wees, aan die ander kant moet ek ook
die persone in aanmerking neem wat nie ewekniemusiekvakkund
iges is nie en dus seker in iets meer algemeen
belangstel, of dalk selfs 'n toekomsvisie of aanduiding
van beleidsrigting vir die Departement Musiek
verwag. Daarom wil ek poog om in my voordrag drie
verskillende klemme te plaas: i.) ek wi! poog om in die
voordrag wei 'n aanduiding van my uiteenlopende navorsingsbelangstellings
te gee op 'n wyse wat algemeen
verstaanbaar ls,' ii.) ek wil probeer om daaruit gevolgtrekkings
te maak vir 'n duideliker fokus vorentoe vir
die Departement Musiek, waarvan ek die voorreg het
om voorsitter te wees, en iii.) ek wil aantoon hoe
musiek en navorsing oo r musiek na my mening 'n bydrae
kan lewer tot die breer navorsingsfokus van die
Universit eit Stellenbosch. En omdat ons vanmiddag in 'n
musiekomgewing is, het ek besluit om sommer die daad
by die woord te voeg en te wys hoe ek persoonlik
probeer om van hierdie idees op my beskeie manier
ook in musiek om te sit.
Description
Inaugural lecture delivered on April 2009, Stellenbosch: Stellenbosch University, South Africa.
Keywords
Music -- Cultural aspects, Language and culture, Cultural diversity, Intercultural communication
Citation
Ludemann, W. 2009. Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika, Stellenbosch: Stellenbosch Univesity, April 2009.