"Rubriekmaak" a la ryk, ryker, Rykie : Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers

Date
2015-08
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Wat het die Afrikaanse joernalis Rykie van Reenen (1923–2003) laat uitstaan as ’n top-rubriekskrywer – “rubriekmaak”, soos sy dit beskryf het – en kan ’n hedendaagse bloggergeslag van rubriekskrywers uit die werk van ’n vroeë rubriekskrywer leer? Hierdie artikel verken vanuit ’n media-historiografiese perspektief die ontstaan en ontwikkeling van onderskeidelik rubrieke en blogs en bied definisies vir albei binne die joernalistiekpraktyk vanuit die veld van joernalistiekstudie aan. ’n Kort biografiese skets van Van Reenen, asook ’n oorsig oor die twee rubrieke wat sy geskryf het, naamlik Die Burger se “Van Alle Kante” en Die Beeld en Rapport se “Op die Randakker”, verskaf konteks. Sekere stylkenmerke van rubriekskryf word vervolgens bespreek. Dit word getoets aan die hand van ’n aantal rubrieke deur Van Reenen. Die verskille en ooreenkomste tussen rubrieke en blogs word kortliks bespreek, waarna sekere stylkenmerke wat uit Van Reenen se werk uitgekristalliseer het, voorgestel word as moontlike merkers vir ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers.
Description
CITATION: Rabe, L. 2015. “Rubriekmaak” a la ryk, ryker, Rykie : Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers. LitNet Akademies, 12(2):172-195.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za/category/akademies/litnet-akademies
Keywords
Blogs, Van Reenen, Rykie, Bloggers, Journalism -- Studies, Journalism -- Practice
Citation
Rabe, L. 2015. “Rubriekmaak” a la ryk, ryker, Rykie : Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers. LitNet Akademies, 12(2):172-195.