Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika

Date
2009-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
As 'n mens 'n intreerede voorberei, dan vra jy jouself noodgedwonge af watter soort voordrag 'n intreerede nou eintlik is. Aan die een kant word daar sekerlik verwag dat dit op een of ander wyse 'n vakkundige voordrag moet wees, aan die ander kant moet ek ook die persone in aanmerking neem wat nie ewekniemusiekvakkund iges is nie en dus seker in iets meer algemeen belangstel, of dalk selfs 'n toekomsvisie of aanduiding van beleidsrigting vir die Departement Musiek verwag. Daarom wil ek poog om in my voordrag drie verskillende klemme te plaas: i.) ek wi! poog om in die voordrag wei 'n aanduiding van my uiteenlopende navorsingsbelangstellings te gee op 'n wyse wat algemeen verstaanbaar ls,' ii.) ek wil probeer om daaruit gevolgtrekkings te maak vir 'n duideliker fokus vorentoe vir die Departement Musiek, waarvan ek die voorreg het om voorsitter te wees, en iii.) ek wil aantoon hoe musiek en navorsing oo r musiek na my mening 'n bydrae kan lewer tot die breer navorsingsfokus van die Universit eit Stellenbosch. En omdat ons vanmiddag in 'n musiekomgewing is, het ek besluit om sommer die daad by die woord te voeg en te wys hoe ek persoonlik probeer om van hierdie idees op my beskeie manier ook in musiek om te sit.
Description
Inaugural lecture delivered on April 2009, Stellenbosch: Stellenbosch University, South Africa.
Keywords
Music -- Cultural aspects, Language and culture, Cultural diversity, Intercultural communication
Citation
Ludemann, W. 2009. Musiek, kulturele diversiteit, menswaardigheid en demokrasie in Suid-Afrika, Stellenbosch: Stellenbosch Univesity, April 2009.