Die verbale hendiadis in Afrikaans
(1951-12)
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1951.
Thesis
INLEIDING: Die doel van hierdie studie is om na te gaan wat die Afr. verbale hendiadis is, hoe dit gebruik word en, indien moontlik, wat die herkoms daarvan is. My uitgangspunt is dus deurgaans die algemene omgangstaal, ter aanvulling waarvan ook die skryftaal nagegaan is. Ek besef daarby dat daar baie gevalle kan wees waarvan ek geen kennis dra nie. My uitsprake geld dus (moontlik) net van my materiaal, Hierdie werk is suiwer arialities-deskriptief van aard: ek beskryf aan die hand van versamelde voorbeelde die Afr. taal soos ek dit in horisontale perspektief 1) waarneem. Aan die einde word die vertikale 2) egter daarby betrek om die herkoms enigsins in oenskou te neem.