'n Teoretiese basis vir kontekstualisering in tweetalige woordeboeke

Date
2009
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Bureau of the WAT
Abstract
Die hoofdoel van 'n tweetalige woordeboek kan beskou word as die kommunikatiewe bemagtiging van die woordeboekgebruiker deur die voorsiening van semanties-pragmatiese vertaalekwivalente ter wille van kommunikatiewe ekwivalensie. Wanneer 'n vertaalekwivalentparadigma aangebied word, moet die woordeboekgebruiker deur funksionele ekwivalent-diskriminerende inskrywings gehelp word om die kommunikatief gepaste vertaalekwivalent te selekteer vir die doel van teksresepsie, teksproduksie of vertaling binne die tersaaklike diskoers-situasie, d.w.s. die data-aanbod in die woordeboek behoort die gebruiker in die toepassing van ekwivalentdiskriminasie te ondersteun. In hierdie artikel word 'n teoretiese fundering van sodani-ge aanbod voorgestel, wat gebaseer word op die relevante literatuur en woordeboekdata. Die potensiaal van 'n kommunikatiewe benadering tot 'n gebruikersgerigte metaleksikografie word in die proses verken. Daar word vasgestel dat ekwivalentdiskriminerende inskrywings in 'n algemene tweetalige woordeboek binne die paradigma van konteks, soos leksikografies toegepas, aangebied word, en bepaalde klasse kontekstualiserende inskrywings word geïdentifiseer. Die verspreidingstruktuur van dié inskrywingstipes kom ook kortliks aan bod. 'n Kommunikatiewe benadering benadruk dat die kommunikatiewe sukses van 'n woordeboek deur 'n goed beplande woordeboek-spesifieke leksikografiese proses én woordeboekgebruik deur bevoegde teikengebruikers mede-bepaal word.
Description
CITATION: Beyer, H. L. 2009. 'n Teoretiese basis vir kontekstualisering in tweetalige woordeboeke. Lexikos, 19:1-22, doi:10.5788/19-0-427.
The original publication is available at http://lexikos.journals.ac.za
Keywords
Lexicography, Language and languages -- Dictionaries, User-directed metalexicography, Bilingual dictionaries
Citation
Beyer, H. L. 2009. 'n Teoretiese basis vir kontekstualisering in tweetalige woordeboeke. Lexikos, 19:1-22, doi:10.5788/19-0-427