Browsing by Author "Beyer, Herman L."
Now showing 1 - 5 of 5
Results Per Page
Sort Options
- ItemOn recent proposals to abolish polysemy and homonymy in lexicography(Bureau of the WAT, 2018) Beyer, Herman L.Two articles appeared recently in Lexikos that propose the abolishment of homonymy and polysemy in lexicography, particularly in dictionaries with a text reception function only. This contribution identifies two main theoretical premises of the proposal in these articles and chal-lenges them. They are: (i) a theory of the lemma as linguistic sign; and (ii) the results of dictionary criticism. Under examination, it is found that both premises fail to support the proposal with regard to polysemy. With regard to homonymy, the first premise is proven invalid, and the second is found to be valid. This implies that the theoretical basis for the proposal should either be reviewed (for which the lexicographical communication theory is offered), or the proposal should rely on the sole practical and unproven argument of data accessibility. The contribution simultane-ously develops a potential broad framework for the lexicographical communication theory. The framework constitutes a lexicographical text grammar, which is presented as a parallel communi-cation code to elements of the lexicographic text theory and linguistic grammars. It is argued that dictionary articles constitute texts in which these two grammars overlap to varying degrees, repre-senting a hybrid form of textual communication.
- Item'n Teoretiese basis vir kontekstualisering in tweetalige woordeboeke(Bureau of the WAT, 2009) Beyer, Herman L.Die hoofdoel van 'n tweetalige woordeboek kan beskou word as die kommunikatiewe bemagtiging van die woordeboekgebruiker deur die voorsiening van semanties-pragmatiese vertaalekwivalente ter wille van kommunikatiewe ekwivalensie. Wanneer 'n vertaalekwivalentparadigma aangebied word, moet die woordeboekgebruiker deur funksionele ekwivalent-diskriminerende inskrywings gehelp word om die kommunikatief gepaste vertaalekwivalent te selekteer vir die doel van teksresepsie, teksproduksie of vertaling binne die tersaaklike diskoers-situasie, d.w.s. die data-aanbod in die woordeboek behoort die gebruiker in die toepassing van ekwivalentdiskriminasie te ondersteun. In hierdie artikel word 'n teoretiese fundering van sodani-ge aanbod voorgestel, wat gebaseer word op die relevante literatuur en woordeboekdata. Die potensiaal van 'n kommunikatiewe benadering tot 'n gebruikersgerigte metaleksikografie word in die proses verken. Daar word vasgestel dat ekwivalentdiskriminerende inskrywings in 'n algemene tweetalige woordeboek binne die paradigma van konteks, soos leksikografies toegepas, aangebied word, en bepaalde klasse kontekstualiserende inskrywings word geïdentifiseer. Die verspreidingstruktuur van dié inskrywingstipes kom ook kortliks aan bod. 'n Kommunikatiewe benadering benadruk dat die kommunikatiewe sukses van 'n woordeboek deur 'n goed beplande woordeboek-spesifieke leksikografiese proses én woordeboekgebruik deur bevoegde teikengebruikers mede-bepaal word.
- ItemVoorbeelde en ooradressering in tweetalige woordeboeke(Stellenbosch : Stellenbosch University, Bureau of the WAT, 2011) Beyer, Herman L.AFRIKAANSE OPSOMMING: Adresseringsekwivalensie geld in 'n woordeboekartikel wanneer al die vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma neerslag vind in die doeltaalvoorbeelde in die koteksafdeling en elke doeltaalvoorbeeld 'n vertaalekwivalent bevat wat in die vertaalekwivalentparadigma voorkom. Die versteuring van hierdie ekwivalensie vind plaas deur prosedures van onderadressering (wanneer nie al die vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma in doeltaalvoorbeelde in die koteksafdeling neerslag vind nie) en ooradressering (wanneer doeltaalvoorbeelde vertaalekwivalente bevat wat nie in die vertaalekwivalentparadigma voorkom nie). In 'n polifunksionele tweetalige woordeboek verteenwoordig adresseringsekwivalensie die ideale adresseringstruktuur tussen vertaalekwivalentparadigma en koteksafdeling. In Afrikaanse tweetalige woordeboeke is adresseringsekwivalensie egter skaars, maar dit blyk in tweetalige woordeboeke van ander tale ook die geval te wees. Hoewel gevalle van onderadressering relatief maklik geneutraliseer kan word, bevind 'n dieper ondersoek na gevalle van ooradressering dat die meeste doeltaalvoorbeelde wat simptomaties van ooradressering blyk te wees, wel tot kommunikatiewe ekwivalensie bydra ten spyte van 'n oënskynlik gebrekkige adresseringstruktuur. Dít is omdat hierdie doeltaalvoorbeelde nie as ware voorbeelde (wat die optrede van vertaalekwivalente illustreer) funksioneer nie, maar in der waarheid optree as kotekstuele spesifiseerders wat 'n funksionele prosedure van kontekstuele vertaalekwivalentuitsluiting verteenwoordig, waardeur die teikengebruiker gewys word op die nié-bruikbaarheid van die aangebode vertaalekwivalente in die vertaalekwivalentparadigma in bepaalde kontekste. Hierdie bevinding noop 'n herwaardering van adresseringstrukture in die algemeen en die beginsel van adresseringsekwivalensie in die besonder.
- Item'n Voorlopige model vir die sistematiese beskrywing van gebruikersvriendelikheid in woordeboeke(Bureau of the WAT, 2006) Beyer, Herman L.The user perspective is a central notion in current lexicographical discourse. This stems from the principle that a dictionary should in the first place be meant for use by a specific target user group, and as such the dictionary should be aimed at that target user group - it should be user friendly. In this article the point of departure is that the use of a dictionary should be regarded as a communicative act, which presents the opportunity to utilise insights gained in communication science in the metalexicography. From the general communication model for interpersonal communication, as found in literature on communication science, a lexicographical communication model is developed. From this model at least eleven lexicographical parameters can be derived according to which user-friendliness in dictionaries can be described in a systematic way. The structure that these parameters can offer in debating user-friendliness in dictionaries informs the formulation of a definition for the genuine purpose of a user-friendly dictionary.
- ItemWat is (nie) 'n woordeboek (nie)? Die Woordelys van die Afrikaanse woordelys en spelreels as gevallestudie(LitNet, 2021) Beyer, Herman L.Hierdie artikel is die eerste een in ’n trilogie wat verslag doen van ’n intensiewe metaleksikografiese studie van die Woordelys van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). In hierdie bydrae word ondersoek ingestel na die status van die Woordelys as woordeboek al dan nie, aangesien uiteenlopende uitsprake oor hierdie kwessie in sowel die AWS as die jongste literatuur oor die AWS bestaan. Sodanige ondersoek veronderstel duidelikheid oor die term woordeboek, asook leksikografie. Uit die wetenskaplike literatuur blyk egter dat minder eenstemmigheid en (gevolglik) minder duidelikheid oor hierdie terme bestaan as wat verwag sou word. Gevolglik word die vasstelling van die Woordelys se status as woordeboek al dan nie voorafgegaan deur die uitklaring van die veronderstelde begrippe, wat onderneem word binne die raamwerk van die teorie van leksikografiese kommunikasie. Nuwe definisies word vir die tersaaklike begrippe voorgestel na aanleiding van kritiese oorweging binne die paradigma van die teorie se twee sentrale beginsels, naamlik: (a) In sy wese is die leksikografie ’n oefening in menslike kommunikasie; en (b) Dié kommunikasie is indirek en word deur teks bemiddel. Met betrekking tot leksikografiese tekste word die nuwe terme leksikogram en tekseem voorgestel om van die tersaaklike veranderlikes te verreken. Die fokus skuif dan (terug) na die Woordelys en daar word op kommunikatiewe gronde bevestig dat dit (en ’n aantal ander tekste in die AWS) as woordeboek(e) beskou kan word. Dié gevolgtrekking en die verdere ontwikkeling van die teorie van leksikografiese kommunikasie wat daarmee gepaard gaan, baan die weg vir die ontwikkeling van ’n leksikografiese teksgrammatika wat in die tweede bydrae sal volg, en ’n metaleksikografiese evaluering van die Woordelys waarvan in die derde bydrae verslag gedoen sal word.