Books (History)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Books (History) by Title
Now showing 1 - 6 of 6
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie Kaapse Helpmekaar, c.1916-c.2014 : bemiddelaar in Afrikaner opheffing, selfrespek en respektabiliteit(AFRICAN SUN MeDIA, 2018) Ehlers, AntonDie boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, ’n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus ’n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As ’n kredietverskaffer vir tersiêre opleiding van Afrikaanse studente vir meer as ’n honderd jaar, verteenwoordig dié verhaal in ’n sekere sin die verhaal van Afrikaners – van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiêre onderrig. Dit verskaf ’n Afrikaner-antwoord op ’n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, ’n templaat en ’n benadering voorhou waarby ’n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.
- ItemOn record : popular Afrikaans music & society : 1900-2017(SUN MeDIA, 2017) Van der Merwe, S. D.Popular Afrikaans music artists have done well in post-apartheid South Africa and enjoy the enthusiastic support of loyal fans. This support is fuelled by a complex set of emotions linked to “being Afrikaans” in a culturally pluralistic society. In On Record, van der Merwe investigates the interplay between popular music and the unfolding of Afrikaans culture politics from the start of the twentieth century to the present. It includes a search for the earliest recorded Afrikaans songs and documents subsequent phases of music development that reflect the agency of ordinary individuals - artists and listeners - against a background of fundamental societal and political change. It regards both the music mainstream and the alternative, and reveals, among other things, historical cases of compliance and resistance regarding the master narrative of Afrikaner nationalist ideology, the attempts by cultural entrepreneurs to establish authority over popular Afrikaans culture, class tension, lasting racial exclusivity, protest and censorship, and the post-apartheid invocation of Afrikaner nostalgia and white victimhood. Ultimately, On Record provides an uninterrupted account, and a critique, of the entire history of recorded popular Afrikaans music up to the present.
- ItemRussel Botman : 'n huldeblyk, 1953-2014(SUN MeDIA, 2017) Grundlingh, A. M.; Landman, Ruda; Koopman, NicoHierdie herdenkingsbundel vertel die verhaal van wyle Russel Hayman Botman wat skielik oorlede is aan die begin van sy tweede termyn as Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch. Botman se verhaal vanaf sy vroegste kinderjare tot sy laaste dag as rektor word vertel. Huldeblyke en herdenkingsbundels kan uiteraard nooit uitgeput raak nie. Dit vertel ’n kleurryke verhaal uit bepaalde oogpunte. Nogtans dien dit as uitnodiging, inspirasie en aansporing vir ander wat ’n verbintenis met Botman het om ook hulle stories oor hom te vertel.
- ItemRussel Botman : a tribute, 1953-2014(AFRICAN SUN MeDIA, 2017) Grundlingh, A. M.; Landman, Ruda; Koopman, NicoThis celebratory volume tells the story of the late Russel Hayman Botman who died suddenly early in his second term as Rector and Vice-Chancellor of Stellenbosch University. Botman’s story is told from his earliest childhood years until his last day as rector. The nature of tributes and celebratory volumes is that it can never be exhaustive. It tells a rich story from limited perspectives. It, however, serves as invitation, stimulus and inspiration to others connected to Botman to also tell their stories about his story.
- ItemVan Volksmoeder tot Fokofpolisiekar : kritiese opstelle oor Afrikaanse herinneringsplekke(Stellenbosch : SUN PReSS, 2008) Grundlingh, Albert M.; Huigen, SiegfriedAGTERBLAD: Die boek bevat 'n reeks kritiese opstelle oor 'n aantal Afrikaanse kollektiewe herinneringe. Dit betrek herinneringe wat al amper koud is, asook meer onlangses, soos die "De la Rey"- lied en die rol wat bands tans speel in die vaslegging van 'n bepaalde bewussyn onder die jeug - 'n bewussyn wat in die afsienbare toekoms ook as "histories" sal kwalifiseer. Die boek wil die leser aanmoedig om na te dink oor die herinneringe van wit Afrikaanssprekendes.
- Item’n Vaste plek vir Afrikaans : taaluitdagings op kampus(Stellenbosch : SUN PReSS, 2006) Giliomee, Hermann, 1938-; Schlemmer, LawrenceAGTERBLAD: Die woelinge oor die voertaalbeleid op kampusse wat eens grootliks enkelmedium Afrikaans was, duur al tien jaar. Dit het in die afgelope jaar veel hewiger geword, sonder enige aanduiding dat temperature gaan afkoel. In Pretoria het meer as duisend Tukkies teen die marginalisering van Afrikaans geprotesteer - en dit was vir die universiteitsbestuur nodig om dosente te herinner aan studente se reg om toetse en werkstukke in Afrikaans te lewer. Die besluit van die Fakulteit Lettere e Wysbegeerte op Stellenbosch om dubbelmedium tot in die derde jaar deur te voer, het tot waarskynlik die grootste polemiek nog in Die Burger gelei. Hierteenoor was die Bloemfonteinse en Potchefstroomse kampusse, wat taalbeleid betref, redelik rustig. Die konflik is nie net ‘n intellektuele binnegeveg waarin akademici hulle verlustig nie. Afrikaans se toekoms as openbare taal hang van die uitslag af. Word Stellenbosch en Pretoria hoofsaaklik Engels, volg van die beste hoërskole gou die voorbeeld. Teen ‘n agtergrond van die opmars van Engels in internasionale taalgebruik, gee die boek ‘n oorsig en ontleding van ontwikkelinge op Suid-Afrikaanse kampusse in die afgelope tien jaar – en die implikasies daarvan vir Afrikaans, ander inheemse tale en kulturele diversiteit. Teenoor die standpunt dat Afrikaans as onderrigtaal met “taalvriendelikheid” en met oop hekke vir Engels gebruik moet word, stel hierdie boek die standpunt wat bekend staan as Laponce se Wet: Hoe taalvriendeliker mense is, hoe dodeliker raak die geveg tussen ‘n kwesbare en ‘n sterker taal (by ons Afrikaans en Engels). “Slim” oplossing kan nie sekerheid vir Afrkiaans – en al ons inheemse tale – bring nie. Ons kwesbare tale se toekoms sal uiteindelik afhang van universiteitsbesture se beginselvastheid, eerlikheid, en hul verantwoordbaarheid aan taalgemeenskappe. En slegs die Afrikaanse taalgemeenskap self kan die verantwoordbaarheid, en daarmee saam ‘n vaste plek vir ons taal, afdwing.