Die Kaapse Helpmekaar, c.1916-c.2014 : bemiddelaar in Afrikaner opheffing, selfrespek en respektabiliteit

Date
2018
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AFRICAN SUN MeDIA
Abstract
Die boek beoog om die verhaal van die Kaapse Helpmekaar as katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15 te vertel. In die proses was die Kaapse Helpmekaar, met sy fokus op opvoeding en onderwys, ’n bemiddelaar in Afrikaner-opheffing, selfrespek en aansien. Dit was dus ’n fasiliteerder van Afrikaner sosiale mobiliteit. As ’n kredietverskaffer vir tersiêre opleiding van Afrikaanse studente vir meer as ’n honderd jaar, verteenwoordig dié verhaal in ’n sekere sin die verhaal van Afrikaners – van hul armblanke-status in die vroeg 20ste eeu tot vooruitstrewende burgers van die kapitalistiese verbruikerskultuur van die 21ste eeu. Die verhaal van die Kaapse Helpmekaar resoneer in die sin ook met die huidige debatte rondom die finansiering van tersiêre onderrig. Dit verskaf ’n Afrikaner-antwoord op ’n 20ste eeuse #feesmustfall-uitdaging wat, ten spyte van die verskil in konteks, ’n templaat en ’n benadering voorhou waarby ’n 21ste eeuse Suid-Afrika steeds baat kan vind.
Description
CITATION: Ehlers, A. 2018. Die Kaapse Helpmekaar, c.1916-c.2014 : bemiddelaar in Afrikaner opheffing, selfrespek en respektabiliteit. Stellenbosch: SUN PReSS, doi:10.18820/9781928357797.
The original publication is available at https://africansunmedia.store.it.si/za
Keywords
Helpmekaarvereniging, Afrikaners -- Western Cape (South Africa) -- Societies, etc, Poor -- Services for, Afrikaners -- South Africa -- Social conditions, Poverty -- South Africa -- History
Citation
Ehlers, A. 2018. Die Kaapse Helpmekaar, c.1916-c.2014 : bemiddelaar in Afrikaner opheffing, selfrespek en respektabiliteit. Stellenbosch: SUN PReSS, doi:10.18820/9781928357797.
Collections