Masters Degrees (Curriculum Studies)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Curriculum Studies) by Subject "Academic achievement -- Western Cape -- Stellenbosch -- Evaluation"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemStudente se belewenis van 'n hulpgroep in 'n eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde.(Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2010-03) De Jager, Eloise; Bitzer, E. M.; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies. Centre for Higher and Adult Education.; University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies. Centre for Higher and Adult Education.AFRIKAANSE OPSOMMING: Agtergrond tot die studie: As gevolg van die druk wat op die sukses van eerstejaarstudente by hoëronderwysinstellings geplaas word, word ‘n hulpgroep in ‘n eerstejaarsmodule, Finansiële Rekeningkunde, in die B.Rekeningkunde graadprogram by die Universiteit van Stellenbosch aangebied. Die hulpgroep is daarop gemik om studente, in besonder die voorheen-benadeelde eerstejaarstudente, te help om sukses te behaal in Finansiële Rekeningkunde. Die hulpgroep het verskeie kenmerke. Daar is byvoorbeeld 6 lesings per week in plaas van die normale 4 lesings en bywoning van die lesings is verpligtend. Die hulpgroep grootte word beperk tot ‘n maksimum van 70 studente om aktiewe leer aan te moedig. Op Vrydae is daar ‘n tutoriaalklas waar studente ‘n vraag uitwerk in die klas met die hulp van studente-assistente. ‘n Verskeidenheid bystandsprogramme en hulp word jaarliks aangebied om die deurvloeikoerse van eerstejaarstudente te verhoog en ook om vir studente ‘n positiewe eerstejaarservaring te verseker. Die probleem is dat al hierdie bystand en hulp baie tyd en spesiale insette van dosente en die departement verg, sodat die vraag ontstaan of dit werklik waarde toevoeg. ‘n Verdere kwessie behels die studente se belewenis van so ‘n hulpgroep. Dit was dus noodsaaklik om hierdie en soortgelyke vrae te ondersoek en vas te stel of ‘n hulpgroep beantwoord aan die doel waarvoor dit geskep is. Opsomming van die werk: Daar is gebruik gemaak van ‘n gevallestudie-ontwerp. Die doel van die studie was om vas te stel wat studente se belewenisse van ‘n hulpgroep by die eerstejaarsmodule in Finansiële Rekeningkunde is. ‘n Kombinasie van die kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsbenadering is in die ondersoek gebruik deur middel van vraelyste, onderhoude en die analise van prestasiepunte. Gevolgtrekking: Die algehele gevolgtrekking wat uit die ondersoek voortgevloei het, is dat die hulpgroep positief deur die studente beleef word. Verskeie implikasies en voorstelle om die hulpgroep van Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch meer doeltreffend te maak, het uit die studie voortgevloei. Voorstelle vir verdere navorsing is ook gemaak.