Masters Degrees (History)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (History) by Author "Aucamp, Jan Christoffel"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie geskiedenis van die sagtevrugtebedryf in die Kaapkolonie, 1886-1896(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1982) Aucamp, Jan Christoffel; Van Zyl, D. J.; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of History.AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Kaapkolonie se ekonorniese lewe in die sewentiende, agtiende en neëntiende eeu is oorheers deur die vernaamste boerderyvertakkinge, nl. wynbou, graanbou en veeteelt. Eers gedurende die laaste twee dekades van die neëntiende eeu het die vrugte bedryf op die voorgrond getree, juis as gevolg van die agteruitgang van wynbou en graanbou en die groter vraag wat daarna vrugte ontstaan het na aanleiding van die ontdekking van diamante en goud en die gepaardgaande bevolkingsgroei in dorpe en stede soos Kimberley, Johannesburg en Pretoria. In 1886 is ook die eerste proefnemings onderneem met die uitvoer van Kaapse vrugte na Engeland, wat op sy beurt saamgehang het met 'n algemene toename in die uitvoer van vrugte van die vrugteproduserende lande na Europa. Vóór dié datum het die vrugteboerdery aan die Kaap onbeplan en ongekoördineerd plaasgevind en was dit niks meer nie as 'n toevallige boerderyaktiwiteit wat eerder as 'n soort "stokperdjie" be-oefen is.