Beheer van vrotpootjie en oogvlek van koring in Wes-Kaapland

Date
1990
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Wheat (Triticum aestivum) is grown in monoculture in much of the winter rainfall region of the Western Cape Province of South Africa. This has led to a dramatic increase in the incidence of take-all (caused by Gaeumannomyces graminis var. tritici). In a tillage experiment on the Langgewens research farm of the Department of Agricultural Development, a close correlation was found between disease incidence following cultivation with a chisel plough, a mouldboard plough or no tillage. Cultivation with a mouldboard plough, or no tillage resulted in a low disease incidence and higher yields.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In 'n groot gedeelte van die Winterreënstreek van Wes-Kaapland word koring (Triticum aestivum) onder monokultuurtoestande verbou. Hierdie praktyk het tot gevolg gehad dat vrotpootjie (veroorsaak deur Gaeumannomyces graminis var. tritici) die afgelope paar jaar dramaties toegeneem het. In 'n bewerkingsproef op die Langgewens-proefplaas van die Departement Landbou-Ontwikkeling is daar 'n noue verwantskap aangetref tussen vrotpootjie-voorkoms en die plasing van die vorige jaar se vrotpootjie-geïnfekteerde wortelkrone en wortels deur bewerking. Bewerking met 'n scarifier het aanleiding gegee tot betekenisvol meer vrotpootjie as in gevalle waar beitelploeg-, skaarploeg-, of geen-bewerking gedoen is. Waar skaarploeg- of geen-bewerking onder monokultuurtoestande toegepas is, is 'n lae vrotpootjie-voorkoms, met gepaardgaande goeie opbrengste, waargeneem.
Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 1990.
Keywords
Citation