Die skoolbiblioteekwese vir blankes in Kaapland : 'n historiese en evaluerende studie

Date
1975
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: 0mdat vandag algemeen aanvaar word dat 'n skoolbiblioteek veel meer behels as 'n versameling boeke in 'n skool, kan daar aangeneem word dat skoolbiblioteke in die moderne sin van die woord voor 1900 in die Westerse wereld nie bestaan het nie. Voor hierdie datum was daar, sover vasgestel kan word, nerens n vaste beleid met betrekking tot die daarstellirig van skoolbiblioteke of die voorsiening van boeke aan sodanige biblioteke nie. In die negentigerjare van die vorige eeu is maar eers begin met die professionele opleiding van bibliotekarisse deur Melvil Dewey te Albany en deur die Pratt-Instituut in Brooklyn (V.S.A.). Die eerste professioneel-opgeleide bibliotekarts is in 1900 aan die Erasmus High School in Brooklyn aangestel. 1 ) Sodoende het n onontbeerlike komponent vir die doeltreffende funksionering van die skoolbiblioteek, nl. die opgeleide bibliotekaris, sy verskyning op die gebied van die skoolbiblioteekwese gemaak.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available
Description
Thesis (M.Bibl.)--Stellenbosch University, 1975.
Keywords
School libraries -- History -- Western Cape (South Africa), Dissertations, Academic -- Library and Information Science
Citation