Die leksikografiese hantering van morfologies gemerkte geslagsopposisiepare in Afrikaanse woordeboeke, met spesifieke verwysing na die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal

Date
1995-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The principal objective of the unilingual explanatory dictionary is to explain the meanings of lexical items. This is done, among other ways, by defining the collection of lexical items in the macro structure and by indicating the semantic relations in which the items stand. The explaining lexicographer is in fact charged with explicating semantic relations between lexical items. One such a semantic relation as a type of semantic opposition, namely gender opposition. A semantic relation of gender opposition exists between two lexical items which differ semantically in the first instance with regard to the semantic component [GENDER], e.g. man x woman and waiter x waitress. A pair of lexical items like this forms a gender opposition pair. Gender opposition is lexicalised in two ways in Afrikaans, namely lexically and morphologically.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die primêre doel van die eentalige verklarende woordeboek is om die betekenisse van leksikale items te verklaar. Dit word onder meer gedoen deur die versameling leksikale items in die makrostruktuur te definieer en deur semantiese betrekkinge te stel waarin die leksikale items staan. Dit is inderdaad een van die verklarende leksikograaf se opdragte om betekenisbetrekkinge te ekspliseer. Een so 'n betekenisbetrekking is 'n sematiese teenstellingsbetrekking, naamlik geslagsopposisie. 'n Geslagsopposisieverhouding bestaan tussen twee leksikale items wat in die eerste plek ten opsigte van die semantiese komonent [GESLAG] verskil, byvoorbeeld man x vrou en kelner x kelnerin. So 'n paar leksikale items vorm 'n geslagsopposisiepaar. Geslagsopposisie word op twee maniere in Afrikaan geleksikaliseer, naamlik leksikaal en morfologies.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1995.
Keywords
Lexicography
Citation