Die geskiedenis van die teologiese seminarie van die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, 1824-1909
Date
1931
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die volgende hoofstukke word min of meer uitvoerig
die voorgeskiedenis, die ontstaan, en die ontwikkeling
van die Teologiese Seminarie van die N.G.Kerk
in Suid-Afrika tot die jaar 1909 behandel. In hoeverre
'n studie van hierdie aard voorsiening sal maak in 'n
bestaande behoefte hang af van die aard en die omvang
van sodanige behoefte. Reeds in 1908 het die kommissie,
wat reelings moes tref vir die feesviering in verband
met die vyftigjarige bestaan van die Seminarie, aanbeveel:
"dat (de) Professoren verzocht worden om eene geschiedenis
van het seminarium te schryven, te laten
drukken en by de feestviering uit te geven." i) Aan
hierdie versoek: is blykbaar nie gehoor gegee nie; altans
geen publikasie van so 'n aard - sover ons bekend -
is gemaak nie. Enkele artiekels in tydskrifte en
boeke versprei is bewaar gebly, maar die inhoud daarvan het meer bepaald betrekking op die inwyding van die
Seminarie in 1859, en is bloot weergawes van wat een en
ander, wat in 1859 die feesvierings bygewoon het, op
skrif gestel het.
Uit die aard van die saak is dit heel natuurlik
dat sulke verspreide geskrifte baie subjektief van aard
sal wees, daar dit onder die varse indruk van al die opgewektheid
gedurende die feesvierings opgestel is. 'n
Nugtere weergawe van die feite vind ons dus nie daarin
nie; daar sulke geskrifte opgestel is net met die doel
om andermaal die ondervindinge van 'n paar dae vantevore
weer in die herinnering te laat herlewe.
Description
Thesis (B. Ed.) -- University of Stellenbosch, 1931.
Keywords
Theological seminaries -- South Africa -- Stellenbosch, Dissertations -- Education