Die wet van opvolging van begripsoorte in bywoordreekse in Akrikaans

dc.contributor.authorOosthuizen, Wessel Johannesen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of Afrikaans and Dutch.
dc.date.accessioned2012-08-27T11:38:07Z
dc.date.available2012-08-27T11:38:07Z
dc.date.issued1964
dc.descriptionSkripsie (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1964.
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om vas te stel of daar in vrye, onafgebroke bw.-reekse in Afrikaans enige woordordelike sisteem bestaan waarvolgens die verskillende begripsoorte (tyd, modaliteit, plek en (graad) wyse (vergelyking) gejukstaponeer word. Daar word dus gepoog om vas te stel of hierdie verskillende begripsoorte altyd in enige volgorde voor of na die ww. waarmee die reeks saamgaan, kan staan, en indien nie, waarin die beperking op die willekeurigheid van die orde lê, en wat die orde is wanneer dit nie willekeurig is nie. Dit gaan dus hier om "wat die wet van opvolging van begripsoorte"1) in vrye , onafgebroke bw.- reekse genoem kan word. Hierdie term word deur prof. W. Kempen gebruik in sy "Woordvorming en Funksiewisseling in Afrikaans" 2) en in sy "Die vry pre-adjunk in Afrikaans" wys dr. M.J. Posthumus ook op die opeenvolging van pre-adjunkte 3). Hoewel studies oor woordvolgorde nie baie is nie, is daar wel 'n aantal publikasies hieroor wat vir ons van belang is . Ek noem die volgende: In sy "Structurele Syntaxis" raak prof. A. W. de Groot net aan die kwessie met die opmerkng: "Miisschien bestaat bv. een neiging de bijwoorden van plaats achter die van tyd te zet ten, dus voorrang te verlenen'' 4 ) en sluit die betrokke paragraaf af met die woorde : "zoals gezegd is een nader onderzoek hier ze er gewenst" 5). Sedertdien verskyn daar artikels van H. Roose oor "Kategorieen van voor geplaatste bepalingen by substantieven" 6) en "The order of post-adjucnts to nouns in Dutch" 7) Ook dr. H. F. A. van der Lubbe maak 'n (meer volledige) studie oor die "Woordvolgorde in het Nederlands" 8), waarin hy die volgorde van bepalings by veral s.nwe, v.nwe., telwoorde, b.nwe en bwe ondersoek. Ek gaan egter nie in op die volgorde van verskillende bepalings by die ww. (di e bw.-reeks dus) nie. In Afrikaans bestaan daar geen gepubliseerde studie oor die volgorde van die verskillende bwe . in ·n reeks nie . Die studie is dus aangepak met die doel om na te gaan hoe die verskillende begripsoorte (tyd , wyse e.d.m. ) opmekaar volg in vrye onafgebroke bw .-reekse in Afrikaans. Ten slotte dien hier net daarop gewys te word dat die begrippe bysin en hoofsin in hierdie studie nog gebruik word in die tradisionele opvatting van die begrippe.
dc.format.extent95 pages
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/56714
dc.language.isoaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch University
dc.rights.holderStellenbosch University
dc.subjectAfrikaans language -- Adverben_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Word orderen_ZA
dc.subjectDissertations -- Afrikaans languageen_ZA
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.titleDie wet van opvolging van begripsoorte in bywoordreekse in Akrikaansaf_ZA
dc.typeThesis
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
oosthuizen_wet_1964.pdf
Size:
28.71 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download Thesis