Waar eeue wegtik met elke oogknip : fin de siecle-intertekste in die poesie van Johann de Lange

dc.contributor.advisorFoster, P. H.
dc.contributor.authorFritz, Dawn
dc.contributor.otherUniversity of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.en_ZA
dc.date.accessioned2011-05-11T12:13:01Z
dc.date.available2011-05-11T12:13:01Z
dc.date.issued1998-03
dc.descriptionThesis (MA)--University of Stellenbosch, 1998.en_ZA
dc.descriptionBlog by Johann de Lange: http://johanndelange.blogspot.com/
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie stel hom ten doel om die 19de-eeuse kulturele fin de siecle-intertekste in Johann de Lange se poësie, wat grotendeels postmodernisties van aard is, na te gaan ten einde die hipotese te toets dat sy werk sterk ooreenkomste met die kunsuitinge van die vorige eeuwending openbaar. Hieruit blyk duidelik 'n korrespondensie of ekwivalensie tussen die tydsgees en diskoers van die huidige fin de millennium en die van die 19de-eeuse fin de siecle. Die titel van die tesis is ontleen aan die gedig "Greenwichtyd" uit Snel grys fantoom (1986:29): Dit als terwyl ek stil slaap anderkant die horison, klein doen in 'n wêreld waar eeue wegtik met elke oogknip, 'n dag gebeur tussen een asemteug en die volgende [...] Omdat al sewe bundels van die digter ondersoek is, kon slegs drie gedigte in diepte geanaliseer word, naamlik "Correspondences" uit Wordende naak (1990:22), "Studie van 'n portret van 'n man" uit Snel grys fantoom (1986:56) en "Vlees van die berg" uit Vleiswond (1993:51-52). Die gedig "Correspondences", wat seminaal is vir die hipotese wat in hierdie studie gestel word, kom in 'n eie hoofstuk aan bod; "Studie van 'n portret van 'n man" is aanvullend tot die hipotese dat De Lange hom met die kunstenaars van die fin de siecle vereenselwig; terwyl "Vlees van die berg" op vele wyses De Lange se digterlike preokkupasies weerspieël. Enkele aspekte van die kunsstrominge van die Dekadentisme, Estetisisme en Simbolisme, wat in die eeuwending voorkom en ook in De Lange se verse neerslag vind, word in afsonderlike hoofstukke bespreek. Die digter se sosiopolitieke betrokkenheid wat deur die meeste kritici in die verlede misken is, word bevestig. As gevolg daarvan dat mistisisme en metapoësie by De Lange dikwels in 'n enkele gedig saamsmelt, word hierdie aspekte ten slotte in 'n afsonderlike hoofstuk onder die loep geneem. Daar word deurgaans gebruik gemaak van verwysings na geselekteerde gedigte uit De Lange se oeuvre, telkens gesitueer binne die konteks van die postmoderniteit. Ten einde die dinamika van intertekstuele en interdiskursiewe prosesse te demonstreer, word intertekstuele ekskursies of intertekstuele cruising dikwels onderneem.af
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: This study investigates the 19th century cultural fin de siecle intertexts in Johann de Lange's predominantly postmodernistic poetry in order to test the hypothesis that his work reveals strong correspondences to art forms of the previous turn of the century. As a result a correspondence or an equivalence between the cultural climates and discourses of the relevant ages, viz. the present fin de millennium and the fin de siecle of the 19th century, is indicated. The origin of the title of the thesis is the poem "Greenwichtyd" from Snel grys fantoom (1986:29): Dit als terwyl ek stil slaap anderkant die horison, klein doen in 'n wêreld waar eeue wegtik met elke oogknip, 'n dag gebeur tussen een asemteug en die volgende [...] The volume of work involved in the examination of the poet's entire oeuvre of seven volumes precluded the exhaustive analysis of vast numbers of poems. For this reason only three poems have been analysed in any depth. These are "Correspondences" from Wordende naak (1990:22), "Studie van 'n portret van 'n man" from Snel grys fantoom (1986:56) and "Vlees van die berg" from Vleiswond (1993:51-52). The poem "Correspondences" which is seminal to the hypothesis posed in this study is discussed in a separate chapter; "Studie van 'n portret van 'n man" is supplementary to the hypothesis that De Lange identifies with the artists of the fin de siecle; while "Vlees van die berg" reflects many of De Lange's poetic preoccupations. A few aspects of decadence (in the cultural sense), aestheticism and symbolism, schools of art prevalent at the turn of the century which all find expression in De Lange's poems, are examined in separate chapters. The sosio-political commitment of the poet, unrecognised by most critics in the past, is confirmed. Because De Lange often merges mysticism and metapoetry in a single poem, these aspects are finally investigated together in one chapter. Reference is made throughout to selected poems from De Lange's oeuvre as situated within the context of postmodernity. In order to demonstrate the dynamics of intertextual and interdiscursive processes, intertextual excursions or "cruises" are often undertaken.en_ZA
dc.format.extent115 p.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/8570
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherStellenbosch : University of Stellenboschen_ZA
dc.rights.holderUniversity of Stellenboschen_ZA
dc.subjectDe Lange, Johann -- Criticism and interpretationen_ZA
dc.subjectAfrikaans poetry -- 20th century -- History and criticismen_ZA
dc.subjectDissertations -- Afrikaans literatureen_ZA
dc.subjectTheses -- Afrikaans literatureen_ZA
dc.titleWaar eeue wegtik met elke oogknip : fin de siecle-intertekste in die poesie van Johann de Langeaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
waar_fritz_1998.pdf
Size:
3.17 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: