Professionele ontwikkeling vir Afrikaans huistaal-onderwysers ter bevordering van leesbegrip van niemoedertaalsprekers

Date
2017-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie studie ondersoek die professionele ontwikkelingsbehoeftes van onderwysers met betrekking tot die bevordering van die leesbegrip van niemoedertaalsprekers in Afrikaans-huistaalklasse. Gebaseer op die data wat gegenereer is, is 'n professionele ontwikkelingsprogram ontwerp en geomplementeer. Onderwysers het aangedui dat hulle oorweldig en gefrustreerd voel, omdat hulle nie oor die nodige kennis beskik om die niemoedertaalsprekers in hulle klasse in die Intermediêre fase te ondersteun nie en het behoefte gehad aan professionele ontwikkeling sodat hulle pedagogiese inhoudskennis in dié verband uitgebrei kan word. Hierdie studie het 'n gemengde navorsingsbenadering gevolg. Empiriese data is gegenereer op die volgende wyses: kwantitatiewe (vraelyste) en kwalitatiewe data (vraelyste, onderwysersjoernale, klaskamerwaarnemings en onderhoude met onderwysers). Aangesien hierdie studie die professionele ontwikkeling van onderwysers behels, is 'n teoretiese raamwerk, wat hulle voortgesette professionele ontwikkeling en groei in ag neem, oorweeg soos beskryf deur Shulman (1986) se teoretiese raamwerk. Gesprekke voor die aanvang van die studie dui daarop dat die meerderheid respondente geen professionele ontwikkeling ondergaan het aangaande die bevordering van lees- en leesbegripstrategieë van niemoedertaalsprekers in hulle Afrikaans Huistaal-klasse nie en die meerderheid respondente het aangedui dat hulle nie leesbegripstrategieë eksplisiet onderrig nie. Bevindinge van die studie dui daarop dat die professioneleontwikkelingsprogram 'n positiewe invloed op die pedagogiese inhoudskennis van die deelnemende onderwysers rakende leesmodelle en -strategieë sowel as leesbegripstrategieë gehad het. Eweneens het die professioneleontwikkelingsprogram gelei tot die verhoogde implementering van leesbegripstrategieë in hulle klasse. Voorts dui die resultate daarop dat aksienavorsing moontlik 'n bydrae kon lewer tot die effektiewe toepassing van lees- en leesbegripstrategieë in hulle klasse. Die studie, die bevindinge en aanbevelings kan as verwysing dien wanneer professionele ontwikkeling van onderwysers beplan word veral wat betref die bevordering van onderwysers se pedagogiese inhoudskennis aangaande lees- en leesbegripstrategieë van niemoedertaalsprekers.
This study investigated and addressed the professional development needs of teachers to improve their pedagogies regarding the reading comprehension of non-mother-tongue speakers in Afrikaans-medium Intermediate phase classes. A professional development programme was designed and implemented based on collected data. The investigation was undertaken against the background of the poor overall achievement of pupils in the national systemic evaluations and international assessment studies, which is currently a cause of great concern. Teachers have indicated that they feel frustrated and overwhelmed, because they do not have adequate knowledge to support the non-mother-tongue speakers in their classes. Therefore, they have expressed the need for professional development to assist them to improve their pedagogical content knowledge (PCK) in this regard.
Description
CITATION: Basson, M. & Le Cordeur, M. 2017. Professionele ontwikkeling vir Afrikaans huistaal-onderwysers ter bevordering van leesbegrip van niemoedertaalsprekers. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(4):1037-1056, doi:10.17159/2224-7912/2017/v57n4a11.
The original publication is available at http://www.scielo.org.za
Keywords
Afrikaans language -- Study and teaching, Teachers -- In-service training -- South Africa
Citation
Basson, M. & Le Cordeur, M. 2017. Professionele ontwikkeling vir Afrikaans huistaal-onderwysers ter bevordering van leesbegrip van niemoedertaalsprekers. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(4):1037-1056, doi:10.17159/2224-7912/2017/v57n4a11.