Plate en politiek : populere Afrikaanse musiek en die samelewing 1900-2017

Date
2019
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AFRICAN SUN MeDIA
Abstract
Populêre Afrikaanse musiekkunstenaars het sover goed gedoen in post‑apartheid Suid-Afrika en geniet die entoesiastiese ondersteuning van lojale volgelinge. Hierdie ondersteuning word aangevuur deur ’n komplekse stel emosies wat verband hou daarmee “om Afrikaans te wees” in ’n kultureel pluralistiese samelewing. In Plate en Politiek ondersoek Van der Merwe die interaksie tussen populêre musiek en die ontvouing van ’n Afrikaanse kultuurpolitiek vanaf die begin van die twintigste eeu tot die hede. Dit sluit ’n soektog in na die eerste opgeneemde Afrikaanse liedere en dokumenteer die daaropvolgende fases van musiekontwikkeling wat die agentskap van ordinêre mense – kunstenaar en luisteraar – weerspieël teen die agtergrond van fundamentele sosiale en politieke verandering. Dit besin oor beide die musiekhoofstroom en meer alternatiewe musiek, en ontbloot onder andere, historiese voorbeelde van die akkommodering van, en verset teen, die meesternarratief van die Afrikanernasionalistiese ideologie, pogings van kulturele entrepreneurs om beheer uit te oefen oor populêre Afrikaanse kultuur, klassespanning, blywende rasse-eksklusiwiteit, protes en sensuur, en die post‑apartheid oproeping van Afrikaner nostalgie en wit slagofferskap. Uiteindelik bied Plate en Politiek ‘n on-onderbroke weergawe van , en ‘n kritiese blik op, meer as ’n eeu van opgeneemde Afrikaanse musiek.
Description
CITATION: Van der Merwe, S. D. 2019. Plate en politiek : populere Afrikaanse musiek en die samelewing 1900-2017. Stellenbosch: SUN PReSS, doi:10.18820/9781928357698.
The original publication is available at https://africansunmedia.store.it.si/za
Keywords
Popular music -- South Africa -- History and criticism, Popular music -- Social aspects -- South Africa, Music -- Political aspects -- South Africa, Music -- Social aspects -- South Africa, Afrikaners -- Music
Citation
Van der Merwe, S. D. 2019. Plate en politiek : populere Afrikaanse musiek en die samelewing 1900-2017. Stellenbosch: SUN PReSS, doi:10.18820/9781928357698.