A framework for designing South African mobile learning experiences through a participatory design process
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: With a global trend towards digital and mobile learning in basic education, which has been
recently spurred on by the global COVID-19 pandemic, the South African government has
committed to large-scale implementations of digital classrooms, tablet PCs for learners, and
other technology-based educational strategies. However, it is concerning to see how similar
attempts made by the educational sector of first world countries, such as the United States
of America, have not met the expectations they set out to achieve. It is believed that the
results might stem from a disconnect between the technology and the users, as seen by the
lack of on-boarding and the unsustainable use of learning technologies in these countries.
The aim of this research is therefore to cultivate a deeper understanding of the development
of mobile learning experiences, specifically within the context of South Africa, in an attempt
to address the reasons behind the shortfalls. Both the theoretical research and the
participatory design engagement will be framed by a socio-materialistic perspective, which
offers a mechanism that places equal importance on both the social aspects (environment,
culture, ideology) and material aspects (infrastructure, technology, connectivity) of the
research. This approach will afford the opportunity to consider all aspects that influence
mobile learning in a view of equal importance. The research puts forward a design framework to guide a school's implementation strategy
and methodology, which will be based on the findings of individual and participatory design
engagements with stakeholders from technology-based industries, as well as teachers. It is
hoped that the design framework and the observations made in this study will inform the
future attempts at developing digital mobile learning platforms and content, which will be
relevant and meaningful to those who use them.
AFRIKAANSE OPSOMMING: 'n Wereldwye neiging tot digitale en mobiele leer in basiese onderwys, wat onlangs deur die wereldwye COVID-19-pandemie aangespoor is, het die Suid-Afrikaanse regering hom verbind tot grootskaalse implementering van digitale klaskamers, tabletrekenaars vir leerders, en ander tegnologie-gebaseerde opvoedkundige strategiee. Dit is egter kommerwekkend om te sien hoe soortgelyke pogings wat deur die opvoedkundige sektor van eerstewereldlande, soos die Verenigde State van Amerika aangewend is, nie aan die verwagtinge voldoen het wat hulle beoog het om te bereik nie. Daar word geglo dat die resultate kan voortspruit uit 'n ontkoppeling tussen die tegnologie en die gebruikers, soos gesien deur die gebrek aan aanboord en die onvolhoubare gebruik van leertegnologiee in hierdie lande. Die doel van hierdie navorsing is dus om 'n dieper begrip van die ontwikkeling van mobiele leerervarings te kweek, spesifiek binne die konteks van Suid-Afrika, in 'n poging om die redes agter die tekorte aan te spreek. Beide die teoretiese navorsing en die deelnemende ontwerpbetrokkenheid sal omraam word deur 'n sosio-materialistiese perspektief, wat 'n meganisme bied wat gelyke belang plaas op beide die sosiale aspekte (omgewing, kultuur, ideologie, ens.) en materiele aspekte (infrastruktuur, tegnologie, konnektiwiteit ens.) van die navorsing. Hierdie benadering sal aan die navorser die geleentheid bied om alle aspekte wat mobiele leer beïnvloed in 'n oog van gelyke belang te oorweeg. Die navorsing sal 'n ontwerpraamwerk voorstel om 'n skool se implementeringstrategie en - metodologie te rig, wat gegrond sal wees op die bevindinge van individuele en deelnemende ontwerpbetrokkenheid met belanghebbendes van tegnologie-gebaseerde industrieë, sowel as onderwysers. Daar word gehoop dat die ontwerpraamwerk en die waarnemings wat in hierdie studie gemaak is, die toekomstige pogings tot die ontwikkeling van digitale mobiele leerplatforms en inhoud sal inlig, wat relevant en betekenisvol sal wees vir diegene wat dit gebruik.

Description
Thesis MA (VA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Mobile communication -- South Africa, Systems in education -- South Africa, Web-based instruction, Education, Higher -- Computer assisted instruction, Information, storage and retrieval systems -- Social aspects, Covid-19 pandemic -- Influence, UCTD