'n Pastorale benadering van hoop en deernis : 'n Afrikaiese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die artikel ondersoek die omvang van en invloed van siekte op Afrika-mense (waarmee in hierdie artikel bedoel word mense na wie dikwels ook as Afrikane verwys word) en bespreek die rol en bydrae van ’n pastorale sorg van hoop en medelye tot ’n betekenisvolle Christelike lewensbestaan. Dit plaas besondere klem op die huidige COVID-19-pandemie wat die meeste dele van die wêreld affekteer, met dodelike gevolge. Die fokus van die artikel is op die omvang van die impak van die COVID-19-pandemie op Afrika-gemeenskappe. Die artikel poog om pastorale sorg te integreer met die konsepte van koinonia en ubuntu in die soeke na responsiewe genesingsalternatiewe vir Afrika-Christene. Koinonia bestaan uit elemente van gemeenskap, aanbidding, welwillendheidsdade, morele en spirituele waardes wat almal kenmerke van geloofsgemeenskap is. Ubuntu2 onderskryf die waardes van koinonia, juis omdat Afrika-mense glo in samehorigheid en gemeenskapsgebondenheid. Die impak van COVID-19 het direkte betrekking op pastorale sorg aan Afrika-Christene vanuit ubuntu- en koinoniabenaderinge. In die Afrikaïese konteks moet siek persone nie op hulle eie ly nie, want lyding moet gesien word as ’n oproep aan ander tot dade van deernis en simpatie. Binne die konteks van die Afrikaïese wêreldbeskouing word siekte nie ligtelik beskou nie, maar gesien as ’n teken dat drastiese stappe gedoen moet word om genesing en ewewig of ekwilibrium te verseker. Baie Afrika-mense beleef geen spanning om uiting te gee aan voorvaderlike toewyding en terselfdertyd vir Jesus Christus te aanbid nie. Wanneer hulle siek is, sal hulle desperaat soek na genesing, hetsy via tradisionele genesers, geloofsgenesers of enige ander medium wat fisieke genesing beloof. Omonzejele (2003:29) merk op dat Afrika-mense tydens siekte as eerste keuse tradisionele medisyne opsoek. ’n Studie deur Lin e.a. (2002:247) het reeds in 2002 bevestig dat ongeveer 70% van Afrika-mense tradisionele genesers gebruik voor hulle hul toevlug tot Westerse medisyne neem. Die maatreëls wat toegepas word om die verspreiding van COVID-19 te beperk, bemoeilik toegang tot genoemde alternatiewe genesingsmoontlikhede waaraan baie Afrika-mense vir eeue gewoond was. Hierdie waarneming is belangrik, en die artikel sal later daarop uitbrei, omdat dit gemoeid is met die kern van pastorale sorg in die Afrikaïese konteks. Die noodsaaklikheid van hoop en deernis word ’n belangrike element tydens die desperaatheid van COVID-19-toestande en die vrees, twyfel en onsekerheid wat die virus veroorsaak. Hierdie artikel is gestruktureer rondom die volgende aspekte: eerstens, ’n beskrywing van COVID-19 en die impak op Afrika Christene; tweedens, ’n poging om die Afrika-konsep van ubuntu te verbind met die Christelike konsep van koinonia vir doeltreffende pastorale sorg; derdens, ’n bespreking van die doel van ’n pastorale sorg van hoop en medelye; en vierdens, die benadering van pastorale hoop en deernis as responsiewe alternatief tydens COVID-19 vir Afrika-Christene.
The article explores the impact of the COVID-19 pandemic on African Christians and discusses the role of pastoral care of hope and compassion towards meaningful Christian living. Special focus is placed on the impact of the current COVID-19 pandemic, which is affecting the whole world, with deadly consequences. COVID-19 is a new virus and scientists and medical researchers are in a race to isolate the virus and develop a vaccine to combat the onslaught of the virus on humanity.
Description
CITATION: Khoaseb, M. & Thesnaar, C. 2020. 'n Pastorale benadering van hoop en deernis : 'n Afrikaiese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie. LitNet Akademies, 17(3):574-592.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
COVID-19 (Disease)
Citation
Khoaseb, M. & Thesnaar, C. 2020. 'n Pastorale benadering van hoop en deernis : 'n Afrikaiese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie. LitNet Akademies, 17(3):574-592.