Browsing by Author "Khoaseb, Martin"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- ItemThe faith healing practice in pastorale care : a pastoral assessment(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2014-04) Khoaseb, Martin; Thesnaar, C. H.; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Practical Theology and Missiology.ENGLISH ABSTRACT: Africa is a continent ravaged by challenges of poverty, scourge of disease and many conflicts, some of which are motivated by religious fanaticism. Indeed, it is a continent in dire need of spiritual, economic and social transformation. In the midst of these challenges, however, faith healing practices have flourished among African communities. Healing is a broad concept, which covers a whole range of social, psychological, cultural and spiritual issues and dimensions in response to unwanted threatening conditions that disturb a harmonious and peaceful existence. The concept of healing is firmly rooted in the soil and soul of Africa. To a certain extent, the popularity of healing practices in many parts of Africa is a result of an African epistemology that accepts healing as a cultural reality. The poor majority are mostly exposed to harsh socio-economic and hazardous health conditions. Thus, many poor people are drawn to healing practices for the following three reasons: Firstly, faith healers promise to heal people of all kinds of illnesses and epidemics through fervent prayers. Faith healers are powerful and charismatic personalities that command a great following as a result of their charisma. Secondly, because African culture is spirit-centred and has a high regard for spiritual powers and forces, Africans are amused by supernatural and are therefore drawn to healing phenomena, as it speaks to their reality and reference framework. Thirdly, faith healing practice is a cost free, alternative intervention strategy for managing illness, especially to the poor masses, who do not have access to specialized medical care. The close relationship between psychosomatic diseases and “African illnesses” is also explored. This is quite evident when considering the types of illnesses faith healers claim people are being healed from during healing practices, for example HIV and AIDS, hypertension, ulcers, bad luck, infertility, witchcraft, and so forth. African illnesses are believed to be unexplainable and untreatable by Western medicine. It is believed to be caused by witchcraft, sorcery and evil, and has similar manifestations as psychosomatic diseases. In the context of a vibrant and growing faith healing practice, there is a need to investigate the spiritual and emotional impact of faith healing on healing seekers, especially when the desired healing doesn‟t materialise. The research field has highlighted the emotional and spiritual challenges caused by illness, as well as the lack of supporting systems to sustain people grappling with illness. The realisation is that healing, as a broad concept, needs a multifaceted approach for effective response. The lack of indigenisation of healing practices with African (Namibian) cultural symbols and cultural milieu was highlighted. Therefore, an effective and culturally relevant pastoral care system should take special cognisance of it and thus, the envisaged pastoral approach of hope and compassion build around it.
- ItemHolistiese Christelike Afrika-spiritualiteit tydens siekte en krisis : 'n Pastoraalhermeneutiese perspektief(LitNet, 2019) Khoaseb, Martin; Thesnaar, C. H.In hierdie artikel word die rol van Afrika-spiritualiteit ondersoek, spesifiek ten tye van siekte en krisis. Die doel is om deur middel van ’n pastoraal-hermeneutiese interpretasie ’n moontlikheid van inklusiewe spiritualiteit (beide Afrikaïese en Christelike spiritualiteite) voor te stel. Dit word voorgestel as ’n wesenlike alternatiewe reaksie vir Afrika-mense in hul stryd met siekte en krisis. Die veronderstelling is dat holistiese Christelike spiritualiteit ’n sterk basis van hoop aan Afrika-mense tydens siekte en krisis bied. Spiritualiteit is ’n wye begrip wat verskillende konsepte bevat en kan dus nie tot slegs ’n religieuse ervaring beperk word nie. Die navorsing het grotendeels van beskikbare literatuur rakende Afrikaïese wêreldbeskouings en Afrika-spiritualiteit gebruik gemaak, om sodoende nuwe insigte te ontwikkel. Daar is bevind dat spiritualiteit in Afrika deel is van alle mense se ervaringe en bewustheid wat spruit uit omgang met hul medemens, natuur en die bonatuurlike. Dit blyk dat spiritualiteit diepe betekenis vind tydens tye van krisisse en siektes. Hierdie krisistoestande wek vrees en onsekerheid omdat dit fisieke, geestelike, emosionele, sosiale en ekonomiese produktiwiteit teenwerk. Afrika-spiritualiteit is gegrond in Afrika-kulture en -tradisies, wat ’n basis van ondersteuning tydens siektes en krisisse bied. Binne die konteks van siekte kan Afrikaspiritualiteit werklik tot sy reg kom wanneer dit sy regmatige plek inneem en deel word van reaksiemeganismes in die stryd teen en uitdagings van siekte en krisis. Dus poog die artikel om ’n teoretiese raamwerk daar te stel wat Afrika-spiritualiteit binne die kulturele en tradisionele konteks bespreek. Dit poog verder om die fondament van Afrika-spiritualiteit as bousteen te gebruik om die aanslag van siekte en krisis te interpreteer en om sin daarvan te maak. Die oorkoepelende betoog van die artikel is om die rol wat holistiese Christelike Afrikaspiritualiteit vervul, te ondersoek en te poog om ’n inklusiewe spirituele raamwerk vir die hantering van siektes en krisisse voor te stel.
- Item'n Pastorale benadering van hoop en deernis : 'n Afrikaiese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie(LitNet, 2020) Khoaseb, Martin; Thesnaar, ChristoDie artikel ondersoek die omvang van en invloed van siekte op Afrika-mense (waarmee in hierdie artikel bedoel word mense na wie dikwels ook as Afrikane verwys word) en bespreek die rol en bydrae van ’n pastorale sorg van hoop en medelye tot ’n betekenisvolle Christelike lewensbestaan. Dit plaas besondere klem op die huidige COVID-19-pandemie wat die meeste dele van die wêreld affekteer, met dodelike gevolge. Die fokus van die artikel is op die omvang van die impak van die COVID-19-pandemie op Afrika-gemeenskappe. Die artikel poog om pastorale sorg te integreer met die konsepte van koinonia en ubuntu in die soeke na responsiewe genesingsalternatiewe vir Afrika-Christene. Koinonia bestaan uit elemente van gemeenskap, aanbidding, welwillendheidsdade, morele en spirituele waardes wat almal kenmerke van geloofsgemeenskap is. Ubuntu2 onderskryf die waardes van koinonia, juis omdat Afrika-mense glo in samehorigheid en gemeenskapsgebondenheid. Die impak van COVID-19 het direkte betrekking op pastorale sorg aan Afrika-Christene vanuit ubuntu- en koinoniabenaderinge. In die Afrikaïese konteks moet siek persone nie op hulle eie ly nie, want lyding moet gesien word as ’n oproep aan ander tot dade van deernis en simpatie. Binne die konteks van die Afrikaïese wêreldbeskouing word siekte nie ligtelik beskou nie, maar gesien as ’n teken dat drastiese stappe gedoen moet word om genesing en ewewig of ekwilibrium te verseker. Baie Afrika-mense beleef geen spanning om uiting te gee aan voorvaderlike toewyding en terselfdertyd vir Jesus Christus te aanbid nie. Wanneer hulle siek is, sal hulle desperaat soek na genesing, hetsy via tradisionele genesers, geloofsgenesers of enige ander medium wat fisieke genesing beloof. Omonzejele (2003:29) merk op dat Afrika-mense tydens siekte as eerste keuse tradisionele medisyne opsoek. ’n Studie deur Lin e.a. (2002:247) het reeds in 2002 bevestig dat ongeveer 70% van Afrika-mense tradisionele genesers gebruik voor hulle hul toevlug tot Westerse medisyne neem. Die maatreëls wat toegepas word om die verspreiding van COVID-19 te beperk, bemoeilik toegang tot genoemde alternatiewe genesingsmoontlikhede waaraan baie Afrika-mense vir eeue gewoond was. Hierdie waarneming is belangrik, en die artikel sal later daarop uitbrei, omdat dit gemoeid is met die kern van pastorale sorg in die Afrikaïese konteks. Die noodsaaklikheid van hoop en deernis word ’n belangrike element tydens die desperaatheid van COVID-19-toestande en die vrees, twyfel en onsekerheid wat die virus veroorsaak. Hierdie artikel is gestruktureer rondom die volgende aspekte: eerstens, ’n beskrywing van COVID-19 en die impak op Afrika Christene; tweedens, ’n poging om die Afrika-konsep van ubuntu te verbind met die Christelike konsep van koinonia vir doeltreffende pastorale sorg; derdens, ’n bespreking van die doel van ’n pastorale sorg van hoop en medelye; en vierdens, die benadering van pastorale hoop en deernis as responsiewe alternatief tydens COVID-19 vir Afrika-Christene.