Omgewingsdiskoers in wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman

Date
2017-06
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die bykans onomkeerbare skade wat die mens aan die natuurlike omgewing van ons planeet aanrig, is reeds ʼn gegewe. Tog, eerder as om oorval te word deur ’n gevoel van hopeloosheid oor die voortbestaan van lewe op aarde, kan oor nuwe moontlikhede besin word. Fiksionele tekste beskik oor die potensiaal om omgewingskwessies onder die loep te neem en moontlike oplossings te bied. Volgens Greg Garrard (2004:116) is dit nodig dat daardie moontlikhede verbeel word: “Only if we imagine that the planet hás a future, after all, are we likely to take responsibility for it.” Met hierdie ondersoek word daar egter nie hoofsaaklik gefokus op die gekose tekste as voorbeelde van kreatiewe oplossings vir omgewingskwessies nie, maar eerder op wetenskapfiksie as instrument vir omgewingsbewusmaking. Voorts word daar gesoek na voorbeelde van omgewingsdiskoers in die reeks en tot beter begrip van die mens-natuur-verhouding.
Description
CITATION: Loubser, H. 2017. Omgewingsdiskoers in wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman. LitNet Akademies, 14(2):565-608.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Environmental education, Science fiction -- Juvenile literature, Wasserman, Elizabeth, Children's literature -- Afrikaans
Citation
Loubser, H. 2017. Omgewingsdiskoers in wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman. LitNet Akademies, 14(2):565-608