Die kulturele betekenis van ds. M.L. de Villiers tydens die jare van emansipasie van die Afrikaanse volk
Date
1973
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie proefskrif is om 'n oorsig te gee van
die kulturele bydrae van ds. M.L. de Villiers gedurende 'n
tydperk van groot -belang vir die Afrikaner in sy opkoms en
strewe tot volwassenheid. M.L. de Villiers het homself gesien as 'n ware "volkskomponis"
van die Afrikaner in Suid-Afrika en dit is in hierdie hoedanigheid
waarin hy sy grootste bydrae lewer. Hierdie titel wat M.L.
horn aanvanklik self toegeeien het, word later egter 'n werklikheid
en bewaarheid met die erkenning van sy toonsetting van Die
Stem van Suid-Afrika as enigste nasionale volkslied van SuidAfrika
- 'n mikpunt en doel waarna M.L. de Villiers sy hele
lewe gestreef het; om die Afrikaner op te heĀ£ en om Afrikaans
as taal, veral as sangtaal, te verhef bo die gebruiklike en
tradisionele Engels; om iets konkreet uiteindelik vir sy volk
na te laat; 'n erfenis en 'n volkslied waarop elkeen met reg
op trots kan wees. In die behandeling van hierdie proefskrif
word daar dus grootliks gelet en gekonsentreer op die bydrae,
werksaamhede en doelstellings van M.L. de Villiers en nie soseer
op 'n analitiese studie van sy werke nie.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available.
ENGLISH ABSTRACT: No abstract available.
Description
Proefskrif (D. Phil.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1973.
Keywords
De Villiers, M. L. -- (Marthinus Lourens), -- 1885-1977, South Africa -- Civilization, Dissertations -- Music, UCTD