Intermediate phase educators’ experiences of the transition from traditional to e-education in selected South African schools
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The White Paper for e-Education was promulgated in 2004 by the Department of Education. It aimed for all learners in South Africa to be ICT competent by 2013. Now, a decade later there has been minimal actualisation in the attainment of the White Paper’s objectives. As
with all initiatives in education, the individuals tasked with enacting policy are educators. This study therefore aimed to gain insight into the lived experience of educators transitioning from traditional to e-Education. The objective of this was to be able to: Describe educator lived experiences, Explore the impact of contextual factors on implementation and identify factors that have enabled or hindered implementation of this policy. A qualitative research methodology drawing on the Interpretive paradigm was used for this study. This methodology is considered the most participant orientated and allows one to seek
understanding of lived realities, to make an interpretation of the shared experiences of participants and the observed commonalities identified between them. A sample of six purposively selected educators, teaching at public and private schools located in mostly the Western Cape and in Gauteng, South Africa, took part in the study. Participant data was collected through semi-structured interviews similar to Seidman’s three-interview series. The
main difference in structure was a single, in-depth interview was conducted as opposed to three separate interviews. The study was conducted, analysed and interpreted using a conceptual framework based on the merged ideas of the theoretical frameworks of Bronfenbrenner’s Biological Systems Theory and Davis’s Technology Adoption Model. This allowed for an understanding of the interlinked nature of the impact of an individual’s context and how this influences their acceptance and use of technology. Data was analysed using the Interpretive Phenomenological Analysis approach with the following being some of the key findings. Firstly, educators were unaware of the White Paper
on e-Education, but were implementing e-Education in their teaching as it was something they considered important for their learners. Secondly, all educators felt that the amount of professional development needed to engage with, in the limited time they had available, was overwhelming, especially when considering their already heavy workloads. Fear was one of the greatest deterrents to technology use in the classroom, and was mostly related to the potential for technological malfunction, subsequent time loss and not attaining academic
outcomes. A recommendation from the study is linked to including e-Education in preservice programmes. There is potential for improvement to the Initial Educator Professional Training requirements as is documented in the National Policy Framework for Teacher Education and Development. By amending the expectation of the desired level of ICT and e-Education competency, educators can be trained to the desired level and afforded the opportunity to develop competency with this pedagogical approach in an environment where learning is still taking place and professional identity still being moulded. This, I feel, will result in more competent new entrants to the profession who are comfortable to incorporate e-Education into their practice, thus making policy implementation to the desired level more attainable.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Witskrif vir e-Onderwys is in 2004 deur die Departement van Onderwys gepromulgeer. Die doelwit was dat alle leerders in Suid-Afrika teen 2013 IKT-bevoeg is. Nou, ’n dekade later, is uiters min van die Witskrif se doelwitte in werklikheid bereik. Soos met alle inisiatiewe in die onderwys, is die individue wat die taak het om die beleid in werking te stel, opvoeders. Hierdie studie se doelwit was dus om insig te verkry in die geleefde ervaring van opvoeders wat oorgaan van tradisionele na e-Onderwys. Die doel hiervan was om in staat te wees om: Ervarings te beskryf wat opvoeders beleef het, die impak van kontekstuele faktore op implementering te verken, en faktore te identifiseer wat die implementering van hierdie beleid moontlik gemaak of verhinder het. ’n Kwalitatiewe navorsingsmetodologie wat van die interpretatiewe paradigma gebruik maak, is vir hierdie studie gebruik. Hierdie metodologie word beskou as die mees deelnemergeoriënteerde en laat ’n mens toe om begrip van geleefde realiteite te soek, om ’n interpretasie te maak van die gedeelde ervarings van deelnemers en die waargenome gemeenskaplikhede wat daartussen geïdentifiseer is. ’n Steekproef van ses doelbewus geselekteerde opvoeders, wat onderrig gee by openbare en private skole en wat hoofsaaklik in die Wes-Kaap en in Gauteng, Suid-Afrika geleë is, het aan die studie deelgeneem. Deelnemerdata is ingesamel deur semi-gestruktureerde onderhoude soortgelyk aan Seidman se reeks van drie onderhoude. Die belangrikste verskil in struktuur was dat ’n enkele, diepgaande onderhoud gevoer is, eerder as drie afsonderlike onderhoude. Die studie is uitgevoer, ontleed en geïnterpreteer deur gebruik te maak van ’n konseptuele raamwerk gebaseer op die saamgevoegde idees van die teoretiese raamwerke van Bronfenbrenner se Biologiese Sisteemteorie en Davis se Tegnologie-aannemingsmodel. Dit het voorsiening gemaak vir ’n begrip van die onderling verbonde aard van die impak van ’n individu se konteks en hoe dit hul aanvaarding en gebruik van tegnologie beïnvloed. Data is ontleed deur gebruik te maak van die Interpretiewe Fenomenologiese Analisebenadering met van die volgende sleutelbevindinge. Eerstens was opvoeders onbewus van die Witskrif oor e-Onderwys, maar het e-Onderwys in hul onderrig geïmplementeer aangesien dit iets was wat hulle as belangrik vir hul leerders beskou het. Tweedens het alle opvoeders gevoel dat die hoeveelheid professionele ontwikkeling wat hulle nodig het om betrokke te raak in die beperkte tyd wat hulle beskikbaar het, oorweldigend was, veral wanneer hulle reeds swaar werkladings in ag geneem word. Vrees was een van die grootste afskrikmiddels vir tegnologiegebruik in die klaskamer, en was meestal verwant aan die potensiaal vir tegnologiese wanfunksionering, daaropvolgende tydsverlies en om nie akademiese uitkomste te bereik nie. ’n Aanbeveling uit die studie is gekoppel aan die insluiting van e-Onderwys by voordiensprogramme. Daar is potensiaal vir verbetering aan die vereistes vir Professionele Opleiding vir Aanvanklike Opvoeders soos gedokumenteer in die Nasionale Beleidsraamwerk vir Onderwyseropleiding en -ontwikkeling. Deur die verwagting van die verlangde vlak van bevoegdheid vir IKT en e-Onderwys te wysig, kan opvoeders tot die verlangde vlak opgelei word en die geleentheid gebied word om bevoegdheid met hierdie pedagogiese benadering te ontwikkel in ’n omgewing waar leer steeds plaasvind en professionele identiteit steeds gevorm word. Ek is van mening dat dit sal lei tot meer bekwame nuwe toetreders tot die professie wat gemaklik is om e-Onderwys in hul gebruik te inkorporeer, en sodoende beleidsimplementering tot die verlangde vlak meer haalbaar maak.

Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2024.