Die doeltreffendheid van sekere parameters ter bepaling van die weefselsamestelling van varkkarkasse

Date
1987-11
Authors
Hoffman, Louwrens Christiaan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
INLEIDING: Van al die plaasdiere, is die vark die enigste spesie wat slegs vir vleisprodukte aangehou word. Alhoewel daar verskeie varkrasse in Suid-Afrika bemark word, word hierdie varke, ongeag die ras, hoofsaaklik in die vleisbedryf vir twee doeleindes aangewend. Die ligter varkkarkasse (karkasmassa onder 50kg word as vleisvarke, en die swaarder varkkarkasse (karkasmassa bo 50kg) word as spekvarke verwerk. In hierdie projek is die doeltreffendheid van verskeie karkaspararneters ondersoek en as onafhanklike veranderlikes, afsonderlik of in kombinasie, in lineêre regressievergelykings gebruik, om sodoende regressievergelykings te verkry wat 'n hoë voorspellingswaarde van die varkkarkassamestelling i.t.v. vleis, vet en been sowel as van die groothandelsnitopbrengs en -samestelling van die karkasse besit.
Description
Thesis (MScAgric) -- Stellenbosch University, 1987.
Keywords
Meat -- Grading, Pork industry and trade, Dissertations -- Agriculture, Theses -- Agriculture
Citation