Insurgency and National Security Management in Nigeria : a Case study (2009 - 2019)

Date
2024-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The face of conflict on the African continent is changing and subsequently challenges how governments respond to ensure security. One such form of conflict is the impact and expansion of extremism across the continent, which is the focus of this study. Central to this study are certain concepts related to extremism, including national security, terrorism, insurgency, and security management. The Boko Haram insurgency in Nigeria, being complex in nature, provided the required setting to assess the impact of an insurgency on a government’s security response. With Nigeria as a research setting, the purpose of this study was twofold: firstly, to analyse insurgency in detail; and, secondly, to assess the Federal Government (FG) of Nigeria’s security response to the insurgency over the period 2009 to 2019. Utilising securitisation theory as the theoretical framework, this study was executed utilising a combination of the positivist social science and the interpretivist paradigms and followed a descriptive research design within a qualitative approach. Following the case study as a research strategy, the researcher collected data using Charmaz’s (2006) interpretative grounded theory method. Open coding revealed 70 codes, which were further refined through axial coding to 16 categories. Selective coding is the final step of grounded theory and the five categories were further refined into the Emergent Theory of Distorted Security Response as the core category. A literature review was conducted during the data collection as proposed by Charmaz (2016). The literature review focused on the period 2009 to 2019 and presented an in-depth assessment of the motivating factors from an insurgency perspective and a state’s reaction in mitigating the conflict. The establishment of a Muslim caliphate became the desired end state for Boko Haram in the late 1990s. The organisation developed into a formidable adversary that was prepared to apply all means necessary to achieve that goal. The tempo at which the extremist threat expanded and manifested in Nigeria exposed the limitations and shortcomings of the security management effort by the Nigerian government and, by implication, the Nigerian security forces. The response by the Nigerian FG, as the focus of the study, indicates how the state initially underestimated the potential threat, which presented Boko Haram with the opportunity to expand its influence. Later on, the Nigerian FG responded by applying a robust military force against an adversary that applies asymmetric tactics. This distorted response highlighted the different forms of power available to a state against a non-state actor. With several states in Africa, including South Africa, confronted by the same phenomenon, there are certain lessons to be drawn from the Nigerian case study. After integrating the empirical and theoretical findings, the results are displayed and described by the Conceptual Model of the Emergent Theory of Distorted Security Response. The study concludes with a discussion of the findings and their implications, as well as the strengths and limitations of the study, with an overall assessment of the study in terms of its value add to theory, methodology, and practice. Recommendations for future research are made, whereafter the researcher reflects on his personal research journey. Thereafter, recommendations are made regarding rethinking national security and security management.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aard van konflik op die Afrika-vasteland is aan die verander, wat derhalwe die reaksie en optrede van regerings bepaal. Een so ’n vorm van konflik is die impak en verspreiding van ekstremisme, wat die fokus van hierdie studie is. Sekere kernkonsepte verwant aan ekstremisme sluit in nasionale veiligheid, terrorisme, insurgensie, en veiligheidsbestuur. Die ontstaan van die Boko Haram insurgensie het reeds sedert die vroeë 1990s ’n bepalende impak op die nasionale veiligheid van Nigerië gehad. Die ingewikkeldheid van die Boko Haram insurgensie in Nigerië het die ideale gevallestudie verskaf om die impak van ’n insurgensie op ’n land se veiligheidsreaksie te bepaal. Teen hierdie agtergrond was die doel van hierdie studie tweeledig: eerstens om die insurgensie in detail te ontleed; en, tweedens, om die wyse waarop die Federale Regering van Nigerië gereageer het op die insurgensie oor die tydperk 2009 tot 2019 te illustreer. Gebaseer op die teoretiese raamwerk van die veiligheidsteorie, het die studie beide die positiewe sosiale wetenskappe asook die interpretasie paradigmas toegepas. Deur gebruik te maak van ’n beskrywende navorsingsraamwerk het die studie ’n kwalitatiewe benadering gevolg. Die toepassing van ’n gevallestudiemetode as navorsingstrategie het die die navorser in staat gestel om data in te samel gebaseer op die vertolkende metode van die begrondingsteorietegniek soos beskryf deur Charmaz (2006). Hierdie tegniek bestaan uit drie stappe. Aanvanklike kodering het 70 oop kodes onthul wat deur middel van aksiale kodering na 16 kategorieë verfyn is. Die derde en finale stap van die begrondingsteorietegniek, naamlik selektiewe kodering, het vyf kategorieë geïdentifiseer wat die navorser in staat gestel het om die kernkategorie en teorie van die studie, naamlik die Opkomende Teorie van Verwronge Veiligheidsreaksie, te formuleer. Die literatuuroorsig, soos voorgestel deur Charmaz (2006), was na die data-insamelingsproses onderneem. Met die fokus op die periode van 2009 tot 2019, het die oorsig van die literatuur besonderhede en insig verskaf rakende beide die insurgensie asook die pogings van die Nigeriese federale regering om die krisis op te los. Die totstandkoming en vestiging van ’n Moslem kalifaat het die fokus geword van ’n teenstander wat alles in sy vermoë sou doen om dit te verwesenlik. Die tempo waarteen die insurgensie ontwikkel het oor die betrokke tydperk beklemtoon die tekortkominge van beide die regering asook die veiligheidsmagte om die konflik effektief te hanteer. In die aanloop tot die insurgensie het die regering die omvang van die konflik deels onderskat, wat terselfdertyd vir Boko Haram die ruimte gegee het om die insurgensie verder uit te brei. Dit het gelei tot die besluit om grootskaalse konvensionele magte aan te wend teen ’n vyand wat uitsluitlik guerrilla-taktiek toepas. Daar is verskeie Afrika-state, insluitend Suid Afrika, wat soortgelyke konfliksituasies ervaar; daar is dus heelwat lesse te leer uit die Nigeriese gevallestudie. Die integrasie van beide die empiriese en teoretiese bevindinge is vervat en verwoord as die Konseptuele Model van die Opkomende Teorie van Verwronge Veiligheidsreaksie. Die studie sluit af deur die bevindinge en implikasies, die sterkpunte en beperkinge van die studie, asook ’n oorhoofse ontleding met spesifieke verwysing na die waarde van die studie tot huidige literatuur, metodologie, en praktyk, te bespreek. Voorstelle vir toekomstige navorsing oor spesifiek nasionale veiligheid en die bestuur daarvan word gemaak. Die studie sluit af met die navorser se persoonlike ervarings gedurende die navorsingsproses.
Description
Thesis (MMil)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation