An evaluation of selected housing strategies with special reference to Khayelitsha
Date
2000-12
Authors
Nkwenkwezi, Thandabantu Sydney
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis attempts to provide alternative solutions to housing and developmental
problems faced by the government in South Africa's urban/metropolitan areas in
general and in Khayelitsha in particular. The root causes of the problems have been
identified and linked to urbanisation-related government policies of the past. The
Group Areas "urban model of development" influenced the planning, management and
development (spatial policies) in the urban/metropolitan areas.
The rural-urban migration process through the migrant labour system during the
industrialisation period was engineered by the "Corporate State" and consolidated by
the introduction of tax systems and laws regulating land ownership by the African
people (Natives). These have impoverished the African people both in rural and
urban/metropolitan areas. The existing gap in development between rural and
urban/metropolitan areas, in particular in the peri-urban areas, is evident in persistent
poverty and unemployment as effects of the conditions which generate increased
migration.
In this context, Khayelitsha is used as a case study to illustrate study variables (urban
policies and management, rapid urbanisation and their impact on housing and
development) at grassroots level. Comparison is made undertaken between South
African housing and developmental problems and those of other developing countries.
Tanzania and Zimbabwe as African countries and former British Colonies (African
connection) have been chosen for this purpose. Data were gathered through
questionnaires, interviews and participatory observation. This makes the study
objective, but also subjective. The research concludes that there is a need to devote more resources to rural
development programmes accompanied by decentralisation strategies. This will help to
reduce the gap between rural and urban development. It is hoped that the information
contained in this thesis will provide a basic background to meet the social and economic
challenges by addressing housing and developmental problems, in Khayelitsha in
particular and South Africa in general.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word daar gepoog om moontlike oplossings te vind vir die behuisings en ontwikkelingsprobleme wat deur die Suid-Afrikaanse regering en stedelike/metropolitaanse gebiede oor die algemeen en Khayelitsha in die besonder ondervind word. Die kernoorsake van die probleme word geïdentifiseer en verbind aan die vorige regering se verstedelikingsbeleide. Beplanning, bestuur en ontwikkeling (ruimtelike beleide) in die stedelike/metropolitaanse gebiede is beïnvloed deur die Groepsgebiede-model vir stedelike ontwikkeling. Die landelike-stedelike migrasieproses, geïnisieer deur die trekarbeidstelsel gedurende die industrialiseringsera, is deur die "Korporatiewe Staat" bewerkstellig en gekonsolideer deur die instelling van belastingstelsels en wette ter regulering van grondbesit deur swart mense. Dit het gelei tot die verarming van swart mense in landelike en stedelike/metropolitaanse gebiede. Die bestaande gaping in ontwikkeling tussen landelike en stedelike gebiede, in die besonder in buitestedelike gebiede, blyk duidelik uit gevestigde armoede en werkloosheid as uitvloeisels van die omstandighede wat tot toenemende migrasie lei. In hierdie konteks is Khayelitsha gebruik as 'n gevallestudie om die studieveranderlikes (stedelike beleide, stedelike bestuur, snelle verstedeliking en die impak daarvan op behuising en ontwikkeling) op voetsoolvlak te illustreer. Vergelykings is getref ten einde Suid-Afrikaanse behuisings- en ontwikkelingsprobleme met ander ontwikkelende lande te vergelyk. Vir die doel is Tanzanië en Zimbabwe as Afrikalande en eertydse Britse kolonies (Afrika-konneksie) gekies. Data is ingesamel deur middel van vraelyste, onderhoude en deelnemende waarneming. Dit het daartoe gelei dat die studie nie alleen objektief nie, maar ook subjektief is. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat meer hulpbronne tesame met desentraliseringstrategieë gerig op landelike ontwikkelingsprogramme benodig word. Dit sal bydra tot vernouing van die gaping tussen landelike en stedelike ontwikkeling. Daar word derhalwe gehoop dat die inligting vervat in hierdie tesis basiese agtergrond sal verskaf om die sosiale en ekonomiese uitdagings die hoof te bied deur die bestaande behuisings - en ontwikkelingsprobleme in Khayelitsha in die besonder en Suid-Afrika oor die algemeen aan te spreek.

Description
Thesis (MAdmin)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Housing -- South Africa -- Khayelitsha, Rural development -- South Africa, Housing policy -- South Africa -- Khayelitsha, Cities and towns -- Growth, Khayelitsha (Cape Town, South Africa) -- Social conditions -- 21st century, Dissertations -- Public and development management