'n Vergelyking tussen die verengelsingsbeleid na die Tweede Britse besetting van die Kaap aan die begin van die 19de eeu en die verengelsingsbeleid na die oorname van die ANC-regering in 1994 in Suid-Afrika

dc.contributor.advisorVan der Merwe, G. S.en_ZA
dc.contributor.authorGabriels, Belinda Ireneen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans & Dutch.
dc.date.accessioned2012-08-27T11:34:28Z
dc.date.available2012-08-27T11:34:28Z
dc.date.issued1999-12
dc.descriptionThesis (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1999.
dc.description.abstractENGLISH SUMMARY: This document evaluates the Anglisation policy of the ANC-government since 1994. After 1994 Afrikaans lost it's privileged status of the apartheid years to become one of eleven official languages of South Africa. Although the official status of all eleven languages are entrenched in the constitution, English are in practice becoming the lingua franca of the government to the detriment of the Afrikaans language. This supplanting of Afrikaans by English shows a marked resemblance to Somerset's Anglisation policy during the second British rule (1806). The policy of Anglisation was an attempt to sever all links with the previous Dutch rule at the Cape. It aimed to obliterate the Dutch culture by Anglicizing the schools, the judiciary and the church. This in turn gave rise to Afrikaner nationalism and the creation of Afrikaans literature. After the formation of the ANC-government in 1994 Afrikaans was downscaled due to its links with the previous apartheid government. Similar to the second British rule, Afrikaans is substituted by English in the government services and public life. This document looks at the Anglisation policy of the ANC-government and the downscaling of Afrikaans after 1994; it's influence on the development of the Afrikaans language and a comparison between the two Anglisation periods. A special emphasis is placed on the survival qualities of Afrikaans and it's metamorphosis from the language of the oppressor to that of a language of reconciliation and inclusiveness.
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie werkstuk word die stelselmatige verdringing van Afrikaans deur Engels na die oomame van die ANC-regering in 1994 onder die loep geneem. Na 1994 het Afrikaans net nog een van elf amptelike tale geword. Alhoewel die elf tale se amptelike status in die grondwet verskans word, word hier aangetoon hoe Engels in die praktyk voorrang geniet. Hierdie verdringing van Afrikaans deur Engels toon sterk ooreenkomste met Somerset se verengelsingsbeleid tydens die tweede Britse besetting aan die begin van die 19de eeu. Deur die verengelsingsbeleid is gepoog om alle bande met die vorige heerser van die Kaap, naamlik Nederland, te verbreek en om hegter bande met die moederland, Brittanje te smee. Dit was gemik op die drie vestings van die Hollandse kultuur, naamlik die onderwys, die kerk en die regstelsel. Hierdie verengelsingsbeleid het grootliks aanleiding gegee tot die ontstaan van Afrikanernasionalisme en die Afrikaanse letterkunde. Na die ANC-oomame is Afrikaans op die agtergrond geskuif weens die verbintenis van die taal met Afrikanernasionalisme en die apartheidsregering. Ons sien hoe Afrikaans - net soos tydens die tweede Britse besetting - stelselmatig in die regeringsinstansies en openbare dienste deur Engels verdring word. Die werkstuk fokus op die verengelsingsbeleid en die afskaling van Afrikaans na 1994, die invloed daarvan op die ontwikkeling van Afrikaans en 'n vergelyking tussen die twee verengelsingsperiodes. Daar word veral gelet op Afrikaans as oorlewingstaal wat van onderdrukkerstaal en weerstandstaal ontwikkel het tot inklusiewe en versoeningstaal.
dc.description.versionMaster
dc.format.extent98 pages
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/51367
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch University
dc.rights.holderStellenbosch University
dc.subjectAfrikaans language -- Political aspects -- South Africaen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Social aspects -- South Africaen_ZA
dc.subjectLanguage policy -- South Africaen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Historyen_ZA
dc.subjectMinorities -- Languageen_ZA
dc.subjectDissertations -- Afrikaans languageen_ZA
dc.title'n Vergelyking tussen die verengelsingsbeleid na die Tweede Britse besetting van die Kaap aan die begin van die 19de eeu en die verengelsingsbeleid na die oorname van die ANC-regering in 1994 in Suid-Afrikaaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
gabriels_vergelyking_1999.pdf
Size:
5.89 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: