Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue

Date
2022
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die diskrete grense wat normaalweg die menslike, dierlike en plantkundige domeine afbaken daardeur oorskry en ontbind word. ’n Kruiskulturele bespreking van chimeriese monsters en verwante begrippe in mites en rituele word as beginpunt gebruik. Daar word gewys dat gedrogte soos die draak, die reënboogslang en die ourobóros, asook die Europese karnaval en soortgelyke rites van omkering ’n onderliggende struktuur gemeen het met sekere skeppingsmites en ooreenkomstige feeste. Die idees van Mikhail Bakhtin, Mircea Eliade, Claude Lévi-Strauss, Victor Turner en Friedrich Nietzsche word gebruik om lig te werp op hierdie saak. Ten slotte word daar gewys hoe hierdie struktuur vrugbaar gebruik kan word om groteske ornamente in terme van verskeie wyd uiteenlopende benaderings te ontleed – byvoorbeeld dié wat dit voorhou as loutere artistieke vryheid of verfynde vermaak en dié wat die ontwrigtende en vernuwende werking daarvan in die ontwikkeling van moderne Westerse kultuur aanvoer.
Description
CITATION: Liebenberg, D. 2022. Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue. LitNet Akademies, 19(1):280-306.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Chaos, Chimera, Renaissance
Citation
Liebenberg, D. 2022. Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue. LitNet Akademies, 19(1):280-306.