Die Kaapse meubelmakers, 1652-1900

Date
1986-12
Authors
Geldenhuys, Hugo Amos
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
INDLEIDING: Ten spyte van die belangrike bydrae wat die meubelmakers oor meer as drie eeue gelewer het t.o.v. die vervaardiging van een van die belangrikste gebruiksartikels in die Kaapse huishoudings, is daar nag min aandag aan die onderwerp bestee. Slegs enkele navorsers soos H. Aucamp (1971), M. Baraitser en A. Obholzer (1971), J.L.M. Franken (1940) en J. Hoge (1946) verwys na enkele meubelmakers, timmermans, draaiers, voeërs en beeldsnyers wat meubels gemaak het. Daar is egter nog geensins 'n geheelbeeld saamgestel oor die herkoms van die Kaapse meubels en die vakmanne wat dit plaaslik vervaardig het nie. Die doel van hierdie studie is om vas te stel wie die mense was wat die Kaapse meubels sedert die volksplanting plaaslik vervaardig het. Die studie het ook ten doel om, waar moontlik, te onderskei tussen die verskillende soorte vakmanne wat meubels gemaak het, nl. kabinetmakers, stoelmakers, draaiers, voeërs, beeldsnyers en timmermans.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986.
Keywords
Furniture -- South Africa -- Cape of Good Hope, Carpenters -- South Africa -- Cape of Good Hope, Dissertations -- Afrikaans culture, Theses -- Afrikaans culture
Citation