'n Vergelykende studie tussen die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke van Tygerberg en Kaapstad plaaslike owerhede met die van die Kaapse Metropool

Date
2001-03
Authors
Bruiners, Leona
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Various spatial development frameworks are currently being drafted to lead the spatial development patterns of concentrated activities within municipalities and metropoles. The assignment studies the spatial development framework of the Cape Metropole as well as those of the Tygerberg and Cape Town municipalities. An analyses of the different locations and characteristics of the corridors and nodes in these models is made. There are however nodes that are not proposed on the spatial development frameworks but have nevertheless been approved for. development. A comparison of the corridor model is made within the frameworks of the mentioned municipalities. A study is done on whether the corridor model is totally ignored by local authorities or whether it only differs in detail. The effect of the Century City node, which was not proposed in the spatial development frameworks on the development of corridors, is discussed. Backgroud information on the origin and functions of corridors and nodes is gathered through analyses of international examples. Comparison is drawn between these precidents and the Cape Metropole proposals to evaluate their applicability. The conclusion is drawn that the municipalities' and metropole's spatial development frameworks are based on the same principle but differ in their detail structure. Many of the recommendations that are made in the spatial frameworks are difficult to implement. The approval of nodes such as Century City which are not proposed on the frameworks have a negative influence on the economic growth and development of future nodes and corridors as envisaged. Proposals on how to strengthen the implementation process of spatial development frameworks and a possible process for the approval of potential nodes are given.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Daar is verskillende ruimtelike ontwikkelingsraamwerke wat tans opgestel word om die ruimtelike verspreidingspatrone van gekonsentreerde aktiwiteite binne munisipaliteite en metropole te lei. Die werkstuk ondersoek die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke van die Kaapse Metropool asook die munisipaliteite van Tygerberg en Kaapstad. Die korridors en nodusse wat in die modelle voorgestel word, word ontleed in terme van hul eienskappe en verskillende liggings. Daar is nogtans nodusse wat nie in hierdie ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie, maar dit is nieteenstaande goedgekeur vir ontwikkeling. Die werkstuk vergelyk die korridormodel van die Kaapse Metropool (Metropolitaanse Ontwikkelingsraamwerk) met die munisipaliteite se ontwikkelingsraamwerke.Daar word ondersoek of die korridormodel van die metropool heeltemal deur plaaslike owerhede verwerp word of dit net in detail verskil. Die effek van die Century City nodus, wat nie in die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel is nie, op die ontwikkeling van korridors word ook bespreek. Voorbeelde van internasionale stede word ontleed om agtergrond oor die ontstaan en funksies van korridors en nodusse in te samel. Daarna word bepaal hoe dit op die Kaapse Metropool toegepas kan word. Die gevolgtrekking word gemaak dat al drie raamwerke op dieselfde beginsel gebaseer is maar in detail verskil Daar word baie voorstelle binne die raamwerke gemaak wat moeilik is om te implementeer. Die goedkeuring van nodusse soos Century City wat nie binne die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie, het 'n negatiewe invloed op die ekonomiese groei en ontwikkeling van die voorgestelde nodusse en korridors. Aanbevelings oor hoe om die implementeringsproses van die raamwerke te ondersteun word gemaak en ook 'n moontlike goedkeuringsproses vir nodusse wat nie binne die ruimtelike ontwikkelingsraamwerke voorgestel word nie.
Description
Thesis (MS en S)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Structural adjustment (Economic policy) -- South Africa -- Cape Town Metropolitan Area, Regional planning -- South Africa -- Cape Town Metropolitan Area, Regional planning -- South Africa -- Cape Town, Regional planning -- South Africa -- Tygerberg, Metropolitan areas -- South Africa -- Cape Town. -- Planning, Dissertations -- Town and regional planning, Theses -- Town and regional planning
Citation