Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling
dc.contributor.author | Anker, Johan | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2021-01-25T10:42:40Z | |
dc.date.available | 2021-01-25T10:42:40Z | |
dc.date.issued | 2020 | |
dc.description | CITATION: Anker, J. 2020. Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling. LitNet Akademies, 17(3):787-814. | |
dc.description | The original publication is available at https://www.litnet.co.za | |
dc.description.abstract | Hierdie artikel is ’n besinning oor die rol wat twee benaderings ten opsigte van die onderrig van leesbegrip in Suid-Afrikaanse skole en onderwysersopleiding kan speel om die gebrek aan leesbegrip by leerders te hanteer. Die twee benaderings waarna verwys sal word, is die onderrig van kurrikulumwye leesbegripstrategieë en vakspesifieke geletterdheid. Die bespreking geskied teen die agtergrond van die reeds erkende en bewese probleem rondom lees en leesbegrip in Suid-Afrikaanse skole, onderwysersopleiding en ook tydens tersiêre studie. Eerstens word leesbegrip in ’n Suid-Afrikaanse konteks en die noodsaaklikheid van dringende nasionale aandag aan die verbetering van leesbegriponderrig voorgehou, gevolg deur ’n samevatting van die belangrikste beginsels van vakgerigte geletterdheid (“disciplinary literacy”) in vergelyking met die meer algemene toepassing van leesbegripstrategieë binne die benadering van kurrikulumwye geletterdheid (“reading across the curriculum”). Die artikel verwys verder na onlangse navorsingsprojekte deur oorsese en Suid-Afrikaanse navorsers oor bostaande benaderings en vergelyk vakgerigte geletterdheid met die benadering van die onderrig van algemene leesbegripstrategieë wat oor die hele Suid-Afrikaanse kurrikulum toegepas word en waarbinne die strategieë moontlik oorgedra kan word. Die klem val op die onderrig hiervan in die intermediêre en senior skoolfases asook die opleiding van onderwysers in daardie fases. Daar word verder ook aandag gegee aan die intrinsieke rol van lees binne die leerproses en die aard en rol van die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë tydens dekodering en nadat leesvlotheid bereik is. In vakgerigte geletterdheid val die klem op die inherente, unieke eienskappe van verskillende dissiplines of vakterreine. Die artikel dui aan hoe hierdie verskille kan en moet lei tot ’n meer spesifiek-gerigte leesbegripbenadering, sodat die onderrig van algemene leesbegripstrategieë aangepas kan word binne die spesifieke aard van verskillende vakdissiplines met die oog op die bereiking van funksionele akademiese geletterdheid. Die samewerking tussen die onderskeie belanghebbende partye word beskryf. Sodoende word ’n breë oorsig verkry oor wat die benadering van vakgerigte geletterdheid behels, watter gevolgtrekkings uit die bestaande navorsing gemaak kan word en hoe dit kan aansluit by die onderrig van die reeds bekende kurrikulumwye leesbegripstrategieë. Die noodsaaklikheid van verdere navorsing oor vakspesifieke leesbegripstrategieë en veral ingrypings in die leesbegriponderrig in Suid-Afrika, op skoolvlak en tydens onderwysersopleiding, word sterk beklemtoon. | en_ZA |
dc.description.abstract | This article discusses the role of two approaches to the teaching of reading comprehension strategies that may be conducive to the development of reading comprehension in South African schools. The two approaches are the teaching of generic reading comprehension strategies (reading across the curriculum) and disciplinary literacy. The relevance of this discussion is supported by the background of the reading crisis in South African schools as shown by the Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS), results from the National Department of Basic Education and various academic studies undertaken in South Africa. | |
dc.description.version | Publisher's version | |
dc.format.extent | 28 pages | |
dc.identifier.citation | Anker, J. 2020. Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling. LitNet Akademies, 17(3):787-814. | |
dc.identifier.issn | 1995-5928 (online) | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/109017 | |
dc.language.iso | af | en_ZA |
dc.publisher | LitNet | |
dc.rights.holder | Author retains copyright | |
dc.subject | Functional literacy | en_ZA |
dc.subject | Comprehension | en_ZA |
dc.subject | Reading | en_ZA |
dc.title | Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling | af_ZA |
dc.title.alternative | Disciplinary literacy and the development of reading comprehension | en_ZA |
dc.type | Article | en_ZA |