Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling
Date
2020
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Hierdie artikel is ’n besinning oor die rol wat twee benaderings ten opsigte van die onderrig
van leesbegrip in Suid-Afrikaanse skole en onderwysersopleiding kan speel om die gebrek aan
leesbegrip by leerders te hanteer. Die twee benaderings waarna verwys sal word, is die onderrig
van kurrikulumwye leesbegripstrategieë en vakspesifieke geletterdheid. Die bespreking geskied
teen die agtergrond van die reeds erkende en bewese probleem rondom lees en leesbegrip in
Suid-Afrikaanse skole, onderwysersopleiding en ook tydens tersiêre studie.
Eerstens word leesbegrip in ’n Suid-Afrikaanse konteks en die noodsaaklikheid van dringende
nasionale aandag aan die verbetering van leesbegriponderrig voorgehou, gevolg deur ’n samevatting van die belangrikste beginsels van vakgerigte geletterdheid (“disciplinary literacy”) in
vergelyking met die meer algemene toepassing van leesbegripstrategieë binne die benadering
van kurrikulumwye geletterdheid (“reading across the curriculum”).
Die artikel verwys verder na onlangse navorsingsprojekte deur oorsese en Suid-Afrikaanse
navorsers oor bostaande benaderings en vergelyk vakgerigte geletterdheid met die benadering
van die onderrig van algemene leesbegripstrategieë wat oor die hele Suid-Afrikaanse kurrikulum
toegepas word en waarbinne die strategieë moontlik oorgedra kan word. Die klem val op die
onderrig hiervan in die intermediêre en senior skoolfases asook die opleiding van onderwysers
in daardie fases. Daar word verder ook aandag gegee aan die intrinsieke rol van lees binne die
leerproses en die aard en rol van die eksplisiete onderrig van leesbegripstrategieë tydens
dekodering en nadat leesvlotheid bereik is. In vakgerigte geletterdheid val die klem op die
inherente, unieke eienskappe van verskillende dissiplines of vakterreine. Die artikel dui aan
hoe hierdie verskille kan en moet lei tot ’n meer spesifiek-gerigte leesbegripbenadering, sodat
die onderrig van algemene leesbegripstrategieë aangepas kan word binne die spesifieke aard
van verskillende vakdissiplines met die oog op die bereiking van funksionele akademiese
geletterdheid. Die samewerking tussen die onderskeie belanghebbende partye word beskryf. Sodoende word
’n breë oorsig verkry oor wat die benadering van vakgerigte geletterdheid behels, watter
gevolgtrekkings uit die bestaande navorsing gemaak kan word en hoe dit kan aansluit by die
onderrig van die reeds bekende kurrikulumwye leesbegripstrategieë.
Die noodsaaklikheid van verdere navorsing oor vakspesifieke leesbegripstrategieë en veral
ingrypings in die leesbegriponderrig in Suid-Afrika, op skoolvlak en tydens onderwysersopleiding, word sterk beklemtoon.
This article discusses the role of two approaches to the teaching of reading comprehension strategies that may be conducive to the development of reading comprehension in South African schools. The two approaches are the teaching of generic reading comprehension strategies (reading across the curriculum) and disciplinary literacy. The relevance of this discussion is supported by the background of the reading crisis in South African schools as shown by the Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS), results from the National Department of Basic Education and various academic studies undertaken in South Africa.

Description
CITATION: Anker, J. 2020. Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling. LitNet Akademies, 17(3):787-814.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Functional literacy, Comprehension, Reading
Citation
Anker, J. 2020. Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling. LitNet Akademies, 17(3):787-814.