’n Aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek : die bruikbaarheid van ’n prototipe
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The academic writing skills and research skills of postgraduate students at higher education institutions in the South African context are inadequate (Van Aswegen 2007: 1141), and therefore there is a growing demand for the services of editors of specifically academic texts. In a previous study conducted by me I looked in depth at the reference sources (style guides or standardisation sources) the editors of specifically Afrikaans academic texts use to ensure consistency in academic texts. After researching various Afrikaans reference works and doing an empirical study where questionnaires were given to freelance editors to determine their needs and problems in terms of current dictionaries, I foundthat there is a need for an Afrikaans dictionary for academic editing purposes in the field of academic editing. The current Afrikaans dictionaries and style guides are outdated and only parts thereof are useful for the academic editor.Editors of Afrikaans academic texts would therefore benefit from an Afrikaans dictionary that is especially aimed at theirneeds. Fuertes-Olivera and Tarp’s (2014) function theory for specialised online dictionaries was used to set up a model for an Afrikaans online dictionary for academic editing purposes, with the hope that this model wouldbe usefulin further effortsto compile such a dictionary. Fuertes-Olivera and Tarp (2014:192) divide the design, compilation and updating of a specialised online dictionary into three phases, namely the pre-compilation phase, the compilation phase and the post-compilation phase. Fuertes-Olivera and Tarp’s (2014:192) pre-compilation and compilation phases wereused to determine the online dictionary’s functions and data types.A homepage, five articles of examples from different disciplines and a mini user guide were then drafted. The Afrikaans dictionary for academic editing purposes that will eventually be compiled on the basis of thismodel will attempt to fulfil the role of a style guide and standardisation source. The proposed dictionarywill deal with the following issues: correct wordusage;writing or spelling rules that the academic editor will find useful;information about language use in specific subject fields;and information on academic editing as specialisation area. Links to other general and specialised dictionaries (including subject field dictionaries)will also be provided. The problem, however, is that the post-compilation phase of the model for an Afrikaans online dictionary for academic editing purposes has notbeen implemented and the model has therefore not been empirically tested. In an attempt to eliminate usability problems at an early stage in the compilation of the online dictionary for academic editingpurposes, a usability study istherefore carried out. The rationale for executingthe post-compilation phase in this paper and testingthe usability of the model’s data presentation and data description is based on Heid (2011), Kwary (2013) and Du Plessis’s (2017) statement. They aver that modernlexicographic products will satisfy their users’ needs if thosedictionaries take the user’s consulting procedures, as well as their experience and interaction with the device and software into consideration. A multidisciplinary study making use of interaction between editing, specialised lexicography, usability studies and research methods wasconducted as follows:Firstly, Blom’s model(2018) for an online dictionary for academic editing purposes wasused to set up a prototype. This prototype was based on editors’ expectations of the Afrikaans online dictionary as determined in a pre-test questionnaire. Secondly, the effectivenessand,thirdly, user satisfaction of this prototype wereevaluated by means of editing tests that determinedthe problems that academic editors hadwith the prototype’s data presentation and data description. After the tests werecompleted, quantitative data in terms of errors and task accuracy werecollected from the performance data.Qualitative data werecollected from the preference data regardingthe users’ experience while using the prototype. Guidelines for the further improvement of the Afrikaans online dictionary for academic editing purposes werethen drafted;these guidelines can be used in further studies to refine and compose this dictionary.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die nagraadse studente aan hoëronderwysinstellings in die Suid-Afrikaanse konteks het volgens Van Aswegen (2007:1141) onvoldoende akademiese skryfvaardighede en ’n tekort aan navorsingsvaardighede;daaromgroei die aanvraag na die diens van redigeerders wat spesifiek akademiese tekste redigeer.In ’n vorige studie het ek ondersoek ingestel na die naslaanbronne (stylgidse en normeringsbronne) wat redigeerders van spesifiek Afrikaanse akademiese tekste gebruik om konsekwentheid indieakademiese tekste te verseker.Náafloop van die ondersoek na verskillende Afrikaanse naslaanbronne asook ’n empiriese studie waar vraelyste aan vryskutredigeerders gegee is om hulle behoeftes en probleme met betrekking tot huidige naslaanbronne te bepaal, is daar tot die gevolgtrekking gekom dat daar ’n behoefte aan’n Afrikaanse woordeboek vir akademiese redigeerdoeleindes in die veld van akademiese redigering is.Die bestaande Afrikaanse redigeerwoordeboeke en stylgidseis verouderd en bevat slegs gedeeltes wat bruikbaar isvir die akademiese redigeerder. Hierdie redigeerdersbenodig’n Afrikaanse woordeboek wat gemik is op hulle eiesoortige behoeftes. Fuertes-Olivera en Tarp (2014) se funksieteorie vir gespesialiseerde aanlyn woordeboeke is gebruik om ’n model vir ’n Afrikaanse aanlyn woordeboek vir akademiese redigeerdoeleindes op te stel, met die bedoeling dat hierdie model in verdere studies gebruik sou konword om só ’n woordeboek saam te stel. Fuertes-Olivera en Tarp (2014:192) verdeel die ontwerp, samestelling en opdatering van gespesialiseerde aanlyn woordeboekein drie fases, naamlik die presamestellingsfase, die samestellingsfase en die postsamestellingsfase. Fuertes-Olivera en Tarp (2014:192) se presamestellingsfase en samestellingsfase is gebruik om die aanlyn woordeboek se funksies en datatipes vas te stel en daarna is’n tuisbladsy, vyf artikels van voorbeelde uit verskillende vakgebiede en ’n minigebruikersgidssaamgestel.Die Afrikaanse woordeboek vir akademiese redigeerderdoeleindes wat moontlik met behulp hierdie model opgestel sou kon word, behoortdie rol van ’n stylgids en normeringsbron te vervulen kwessies te hanteer oor onder meer korrekte woordgebruik;skryf-of spelwyses,insluitend inligting oor taalgebruik in bepaalde vakgebiede wat die akademiese redigeerder nuttig sal vind;asook inligting oor die spesialisveld van akademiese redigering. Skakels na ander bestaande algemene en beperkte woordeboeke (insluitend vakwoordeboeke) sal ook verskaf word.Die probleem is dat die postsamestellingsfase van die model vir ’n Afrikaanse aanlyn woordeboek vir akademiese redigeerdoeleindes nog nie uitgevoer is nie en die model dus nie empiries getoets is nie. In ’n poging om bruikbaarheidsprobleme in’n vroeë stadium in die samestelling van die aanlyn woordeboek vir akademiese redigeerdoeleindes uit te skakel, is ’n bruikbaarheidstudie uitgevoer. Die motivering om die postsamestellingsfase uit te voer en die bruikbaarheid van die model se datavoorlegging en databeskrywing te toets, is gebaseer op menings van Heid (2011), Kwary (2013) en Du Plessis (2017).Hullevoer aan datmoderne leksikografiese produkte die gebruiker se behoeftes behoort te bevredig indien hulledie gebruiker se raadplegingsprosedures, gebruikservaring en interaksie met die toestel en programmatuur in ag neem.’n Multidissiplinêre studie met wisselwerking tussen redigering, gespesialiseerde leksikografie, bruikbaarheidstudies en navorsingsmetodes is as volg uitgevoer:Eerstens is Blom (2018) se model vir ’n aanlyn woordeboek vir akademiese redigeerdoeleindes gebruik om ’n prototipe op te stel. Hierdie prototipe is gebaseer op redigeerders se verwagtinge van die Afrikaanse aanlyn woordeboek, soos bepaal in ’n pretoetsvraelys. Tweedens isdie effektiwiteit en derdens die gebruikertevredenheid van hierdie prototipe deur middel van redigeertoetse geëvalueer. Dit moes die probleme bepaal wat akademiese redigeerders met die prototipe se datavoorlegging en databeskrywing gehad het. Kwantitatiewe data oor fout-en suksesevaluering, sowel askwalitatiewe data oor die gebruikers se ervaring tydens die gebruik van die prototipeis tydens die voltooiing van die redigeertoetse ingesamel.Verbeteringsriglyne is na aanleiding van hierdie resultate opgestel wat weer in verdere studies vir die verfyning en samestelling van hierdie woordeboek gebruik kan word.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2021.
Keywords
Academic editing, Metalexicographical terminology, Afrikaans dictionary for academic editing, Usability study, Online lexicography, UCTD