'n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die direkte vertaling en die Afrikaanse Standaard Vertaling van die Nuwe Testament

Date
2016-09-05
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Beide die Afrikaanse Standaard Vertaling en die Nuwe Testament en Psalms: ’n Direkte Vertaling is direkte vertalings van die Nuwe Testament wat in 2014 verskyn het. In hierdie artikel word die vertaalfilosofie van hierdie twee vertalings beoordeel aan die hand van die wyse waarop σάρξ, σαρκικός en σάρκινος vertaal is. Die beoordeling word eerstens gedoen deur die vertalings van hierdie lekseme te vergelyk met ander vertalings wat met soortgelyke en ander vertalingsfilosofieë werk. Tweedens word gefokus op die teologiese kontekste van die gedeeltes waar die betrokke twee Afrikaanse Bybelvertalings σάρξ met “sondige aard” of “sondige natuur” vertaal. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die vertaling “sondige aard” of “sondige natuur”, wat slegs op die vlak van die antropologie lê, die heilshistoriese en eskatologiese konnotasies wat aan σάρξ verbonde is, verlore laat gaan. Die aanbeveling word gedoen dat direkte vertalings σάρξ eerder op hierdie plekke met “vlees” moet vertaal sodat die leser self vanuit die konteks kan aflei waarop σάρξ dui.
Description
CITATION: Du Toit, P. La G. 2016. 'n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die direkte vertaling en die Afrikaanse Standaard vertaling van die Nuwe Testament. LitNet Akademies, 13(3):457-478.
The original publication is available at http://www.litnet.co.za
Keywords
Bible -- Translating, Identification (Religion) -- Biblical teaching
Citation
Du Toit, P. La G. 2016. 'n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die direkte vertaling en die Afrikaanse Standaard Vertaling van die Nuwe Testament. LitNet Akademies, 13(3):457-478.