Die gebruik van Instagram in ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering vir Afrikaanstaalverwerwingstudente

Date
2022-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: With the advancement of technology and social media intertwined in our daily activities, new opportunities to use social media in the language classroom are emerging. This thesis studies the use of Instagram within a task-based blended-learning approach to help Afrikaans Language Acquisition students learn new vocabulary. The study is based on the following main research question: How can Instagram be used in a task-based blended-learning approach for Afrikaans foreign language students? From this, subquestions emerge, namely: How can the blended-learning approach offer more opportunities for learning vocabulary to Afrikaans Language Acquisition students, and how can task-based lessons be designed during which Instagram can be used as resource? The research thesis is introduced in Chapter 2 by a comprehensive literature study that investigates the new generation of students joining campus, various approaches to language teaching such as computer-assisted language teaching, mobile-assisted language teaching, and also the blended-learning approach. Furthermore, the chapter focuses on the use of social media in language teaching classrooms and various studies that have already been undertaken in the field are discussed. Chapter 3 focuses on the task-based language approach, which lays the foundation for the design of the task-based lessons of Chapter 5. The task-based language approach places the focus on using language in real-world situations. In Chapter 4, theories on vocabulary learning are outlined. This literature review provides the background on which the second part of the study is based, namely the design and outline of six task-based lessons designed according to Willis' task structure. Each lesson consists of a pre-task, a task cycle and a post-task. The post-task contains a specific language focus. Chapter 5 sets out six task-based lessons during which Instagram is used in various tasks to assist Afrikaans language acquisition students in learning and practicing new vocabulary. All of the lessons are designed around real-world situations that Afrikaans Language Acquisition students may encounter on campus, in the classroom or in a social situation. Each lesson contains instructions to the lecturer and also to the student to explain the various tasks. The aim of the study is to contribute new insights into the field of Afrikaans Language Acquisition and also to broaden ideas around the use of Instagram in the language classroom.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Met die vooruitgang van tegnologie en sosiale media wat met ons daaglikse aktiwiteite vervleg word, ontstaan nuwe geleenthede om sosiale media in die taalklaskamer te gebruik. Hierdie tesis bestudeer die gebruik van Instagram binne ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering om Afrikaanstaalverwerwingstudente met die aanleer van nuwe woordeskat te help. Die studie berus op die volgende hoofnavorsingsvraag: Hoe kan Instagram in ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering vir Afrikaansvreemdetaalstudente gebruik word? Hieruit ontstaan subvrae, naamlik: Hoe kan die gemengdeleerbenadering aan Afrikaanstaalverwerwingstudente meer geleenthede bied om woordeskat aan te leer, en hoe kan taakgebaseerde lesse ontwerp word waarin Instagram as ’n hulpmiddel dien? Die navorsingstesis word in Hoofstuk 2 ingelei deur ’n breedvoerige literatuurstudie wat ondersoek instel oor die nuwegenerasiestudent wat die kampus betree, verskeie benaderings tot taalonderrig soos rekenaargesteunde taalonderrig, mobielegesteunde taalonderrig, en ook die gemengdeleerbenadering. Verder word daar in die hoofstuk gefokus op die gebruik van sosiale media by taalonderrig en verskeie studies wat reeds in die veld onderneem is, word bespreek. Hoofstuk 3 fokus op die taakgebaseerde taalbenadering, wat die grondslag vir die ontwerp van die taakgebaseerde lesse van Hoofstuk 5 lê. Die taakgebaseerde taalbenadering plaas die fokus op die gebruik van regtewêreldsituasies se taalgebruik. In hoofstuk 4 word teorieë oor woordeskataanleer neergestip. Die literatuuroorsig verskaf die agergrond waarop die tweede gedeelte van die studie berus, naamlik die ontwerp en die uiteensetting van ses taakgebaseerde lesse wat volgens Willis se taakstruktuur ontwerp is. Elke les bestaan uit ’n voortaak, ’n taaksiklus en ’n nataak. Die nataak bevat ’n spesifieke taalfokus. Hoofstuk 5 verskaf ’n uiteensetting van ses taakgebaseerde lesse, waartydens Instagram by verskeie take gebruik word om Afrikaanstaalverwerwingstudente te help met die aanleer en oefen van nuwe woordeskat. Elke les is ontwerp rondom ’n regtewêreldsituasie wat ’n Afrikaanstaalverwerwingstudent op kampus, in die klaskamer of in ’n sosiale situatsie kan teëkom. Elke les bevat instruksies aan die dosent en ook aan die student om die verskeie take te verduidelik. Die doel van die studie is om nuwe insigte in die veld van Afrikaanse Taalverwerwing by te dra en ook om idees rondom die gebruik van Instagram in die taalklaskamer te verbreed.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Afrikaans language -- Aquisition, Social media in language acquisition, Afrikaans language -- Study and teaching (Higher) -- Foreign speakers, Social media in education, UCTD
Citation