Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?

dc.contributor.authorLategan, Bernard C.en_ZA
dc.date.accessioned2023-03-15T07:00:04Z
dc.date.available2023-03-15T07:00:04Z
dc.date.issued2022
dc.descriptionCITATION: Lategan, B. 2022. Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie? LitNet Akademies, 19(3):631-647, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3c4.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractDie artikel fokus op die vraag waarom Suid-Afrika na bykans drie dekades van ’n inklusiewe politieke bestel skynbaar nog nie daarin kon slaag om die ideaal van ’n inklusiewe samelewing te verwesenlik nie. Verskillende faktore dra hiertoe by. Een faktor wat nie voldoende in aanmerking geneem word nie, is oorgelewerde denkpatrone wat die nuwe bestel in sy nuwe formaat steeds kniehalter. Wat onderskat word, is die vertrekpunt van hierdie denke, die kontoere wat dit volg en veral die rigting of oriëntasie waarin dit plaasvind. Om hierdie probleem te illustreer, word insigte uit Mahmood Mamdani se onlangse boek, Neither settler nor native, as uitgangspunt geneem. Mamdani (self ’n sterk voorstander van dekolonialisering) beweer dat die dekolonialiseringsprojek in vele opsigte misluk het omdat die nuwe bewindhebbers die denkwyses, sosiale kategorieë en burgerskapsmodelle van die koloniale era oorgeneem en steeds gehandhaaf het. Aan die hand van voorbeelde soos die “makmaak” van die Amerikaanse Weste, die opkoms van die Nazi-ideologie in Duitsland, die skynbaar onoorbrugbare kloof tussen Israeliet en Palestyn in die huidige staat Israel en die verdeling tussen Noord- en Suid-Soedan maak hy duidelik hoe die (koloniale) verlede steeds die (gedekolonialiseerde) hede beïnvloed. Suid-Afrika is volgens Mamdani die een uitsondering, waar die bestaande orde op radikale wyse vervang is deur ’n inklusiewe politieke bestel waarin alle burgers in teorie dieselfde regte het. Die ironie is egter dat formele inklusiwiteit nog nie in dieselfde mate tot sosiale inklusiwiteit gelei het nie. Waarom word die moontlikheid wat die Grondwet bied, nie ’n werklikheid nie? Die insigte van Eberhard Jüngel oor die verhouding tussen moontlikheid en werklikheid bied ’n sleutel om hierdie dilemma te ontknoop. Anders as Aristoteles, wat die werklikheid as van “meer waarde” as die moontlikheid ag, dring Jüngel daarop aan dat die prioriteit aan die moontlikheid gegee word. As die bestaande werklikheid die norm is, kan ons alleen herhaal wat reeds werklikheid was. As die moontlikheid die voorrang het, open dit geleenthede om ’n nuwe werklikheid tot stand te bring. Hiervoor is verbeelding nodig – nie as ontvlugting uit die werklikheid nie, maar as die energie wat “intensie” (Husserl) loslaat om – vry van die hede – ’n alternatiewe toekoms te bedink en strategieë te ontwikkel om vanuit hierdie visie terug te dink na die hede. Hierdie moontlike toekoms word werklikheid deur elke dag op te tree in terme en volgens die waardes van die nuwe visie.af_ZA
dc.description.abstractPossibility and reality. Why is South Africa (still) unable to realise the dream of an inclusive society? The article focuses on the question why South Africa – after almost three decades of an inclusive political dispensation – apparently still has not succeeded in building an inclusive society. Although there are examples of solidarity and co-operation across former divides, these seem sporadic and not of an enduring nature. Various factors have contributed to the present impasse. One of the factors that is not adequately taken into account is how inherited concepts and mental frameworks still hamstring the “new South Africa”. What is underestimated is the point of departure of this kind of thinking, the contours it follows, and especially the direction of its orientation.en_ZA
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent17 pagesen_ZA
dc.identifier.citationLategan, B. 2022. Moontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie? LitNet Akademies, 19(3):631-647, doi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3c4.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.otherdoi:10.56273/1995-5928/2022/j19n3c4
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/126660
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectDecolonisationen_ZA
dc.titleMoontlikheid en werklikheid. Waarom kan Suid-Afrika (nog) nie die droom van ’n inklusiewe samelewing verwesenlik nie?af_ZA
dc.title.alternativePossibility and reality. Why is South Africa (still) unable to realise the dream of an inclusive society?en_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
lategan_moontlikheid_2022.pdf
Size:
338.68 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description:
Collections