Ouers se ondersteuningsbehoeftes op grond van hul belewenis van 'n kind met downsindroom en outistiese spektrum stoornis
Date
2003-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study was undertaken to explore the lived experiences of parents' need for
support regarding their son. He has a dual diagnosis of Down Syndrome and Autistic
Spectrum Disorder.
The parents volunteered to take part in a research program funded by a private
individual. The purpose of the project, coordinated by the Department of Educational
Psychology of the University of Stellenbosch, was to evaluate the effectiveness of
the intervention program over a period of 26 weeks. The intensive intervention
altered the family's usual activities in many ways and the question soon arose as to
how the parents experience support.
A literature review was conducted in order to obtain a perspective of research done
in this field. I fulfilled the dual role of researcher and trainee educational psychologist.
The interpretive research framework lent itself to interpreting the lived experiences of
the parents. Their experiences were gathered from interviews, a questionnaire,
observation and reflection.
This research report describes a variety of possible experiences the parents
underwent, and identifies possible guidelines for the development of a support
program. Suggestions were made as to how an educational psychologist could serve
to support parents.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is onderneem om die belewenisse van ouers se ondersteuningsbehoeftes rakende hul seun se dubbele diagnose, Downsindroom en Outistiese Spektrum Stoornis, te ondersoek. Die ouers het vrywillig aan 'n navorsingsprojek van die Departement Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch deelgeneem. Fondse vir die projek is van 'n privaatpersoon ontvang. Die doel van die projek was om die effektiwiteit van die intervensieprogram oor 'n tydperk van 26 weke te evalueer. Die gesin se daaglikse aktiwiteite is in 'n groot mate deur die program beïnvloed, en die vraag rondom hoe die ouers ondersteuning beleef, het ontstaan. 'n Literatuurstudie is onderneem om inligting oor bestaande navorsing in te win. Ek het tydens die projek die rol van beide navorser en opvoedkundige sielkundige in opleiding vervul. Die interpretevistiese navorsingsraamwerk het dit moontlik gemaak om die persoonlike belewenisse van die ouers na te vors en te interpreteer. Hul belewenis is ingesamel deur middel van onderhoude, 'n vraelys, vorige verslae, observasie en refleksie. Hierdie werkstuk beskryf 'n verskeidenheid moontlike belewenisse van die ouers en wys op die identifisering van riglyne in die ontwikkeling van 'n ondersteuningsprogram. Voorstelle oor die hantering van ouers deur opvoedkundige sielkundiges word gemaak.

Description
Thesis (MEdPsych)--Stellenbosch University, 2003.
Keywords
Parents of children with disabilities, Children with disabilities -- Education, Parent and child, Down syndrome -- Patients -- Rehabilitation, Autistic children -- Rehabilitation, Parent and child -- Psychological aspects, Dissertations -- Education