The system will be unavailable for updates from 12:30 on Tuesday 23 May to prepare for the upgrade of the software platform.

Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie : die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare

Odendaal, Gerda (2016-03)

CITATION: Odendaal, G. 2016. Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie : die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(1):257-276, doi:10.17159/2224-7912/2016/v56n1a16.

The original publication is available at http://www.scielo.org.za

Article

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie. Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon. Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.J. Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.J. Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het. Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/99992
This item appears in the following collections: