'n Deskriptiewe ondersoek na Sheila Cussons se poësievertalings aan die hand van Lefevere se sewe strategieë

Swart, Marius (2014)

CITATION: Swart, M. 2014. 'n Deskriptiewe ondersoek na Sheila Cussons se poësievertalings aan die hand van Lefevere se sewe strategieë. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:167-185, doi:10.5842/45-0-634.

The original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za

Article

Sheila Cussons word as een van die grootste Afrikaanse digters beskou. Melding van belangrike temas in haar oeuvre word algemeen in bestaande navorsing gemaak, byvoorbeeld oor vuur (De Villiers 1982), die visuele (Scholtz 1991), religieuse intertekste (Matthee 1984, Engelbrecht 2012), die bonatuurlike, goddelike of metafisiese (De Villiers 1984; Gilfillan 1984), asook die Katolieke en die mistieke in haar werk (Van Vuuren 1989), en die belang van metapoësie (Janse van Rensburg 1995). Kannemeyer (2005:453-459) verwys veral na Cussons se tegniese bedrewenheid en lig ook die “verwagtende uitsien na eenwording en die versmelting met God” (2005:457) as ’n sentrale motief in haar werk uit. Dit is egter nie so algemeen bekend of so omvattend nagevors dat Cussons ook in die 1980’s ’n bundel vertalings van haar eie poësie onder die titel Poems: a selection (1985) by Tafelberg gepubliseer het nie. Dié bundel bestaan uit seleksies uit haar bundels vanaf Plektrum (1970) tot by Membraan (1984) (Cussons 1985). In hierdie artikel, wat deel uitmaak van ’n meer omvattende ondersoek oor poësievertaling, word gepoog om deur ’n vergelykende lees van die Afrikaanse en Engelse gedigte in die bundel te bepaal of daar by Cussons ’n definieerbare “tipiese” vertaalstrategie of ‑strategieë afgelees kan word teen die agtergrond van Lefevere (1975) se beskrywing van sewe strategieë vir die vertaling van poësie. Daar word bevind dat Cussons se vertalings met sommige van Lefevere se strategieë ooreenstem, maar van ander geen blyke gee nie. Verder word daar in sekere vertalings strategieë aangewend wat nie onder Lefevere se raamwerk verklaar of ingedeel kan word nie, en in heelparty gevalle word daar op die oog af gewoon idiosinkraties vertaal. Ten slotte word aanvullings by Lefevere se model voorgestel vir die ontwikkeling van ’n vollediger raamwerk vir die bestudering van vertaalde Afrikaanse poësie.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/99197
This item appears in the following collections: