Browsing by Author "Swart, Marius"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
- Item'n Deskriptiewe ondersoek na Sheila Cussons se poësievertalings aan die hand van Lefevere se sewe strategieë(Stellenbosch University, Department of Linguistics, 2014) Swart, MariusSheila Cussons word as een van die grootste Afrikaanse digters beskou. Melding van belangrike temas in haar oeuvre word algemeen in bestaande navorsing gemaak, byvoorbeeld oor vuur (De Villiers 1982), die visuele (Scholtz 1991), religieuse intertekste (Matthee 1984, Engelbrecht 2012), die bonatuurlike, goddelike of metafisiese (De Villiers 1984; Gilfillan 1984), asook die Katolieke en die mistieke in haar werk (Van Vuuren 1989), en die belang van metapoësie (Janse van Rensburg 1995). Kannemeyer (2005:453-459) verwys veral na Cussons se tegniese bedrewenheid en lig ook die “verwagtende uitsien na eenwording en die versmelting met God” (2005:457) as ’n sentrale motief in haar werk uit. Dit is egter nie so algemeen bekend of so omvattend nagevors dat Cussons ook in die 1980’s ’n bundel vertalings van haar eie poësie onder die titel Poems: a selection (1985) by Tafelberg gepubliseer het nie. Dié bundel bestaan uit seleksies uit haar bundels vanaf Plektrum (1970) tot by Membraan (1984) (Cussons 1985). In hierdie artikel, wat deel uitmaak van ’n meer omvattende ondersoek oor poësievertaling, word gepoog om deur ’n vergelykende lees van die Afrikaanse en Engelse gedigte in die bundel te bepaal of daar by Cussons ’n definieerbare “tipiese” vertaalstrategie of ‑strategieë afgelees kan word teen die agtergrond van Lefevere (1975) se beskrywing van sewe strategieë vir die vertaling van poësie. Daar word bevind dat Cussons se vertalings met sommige van Lefevere se strategieë ooreenstem, maar van ander geen blyke gee nie. Verder word daar in sekere vertalings strategieë aangewend wat nie onder Lefevere se raamwerk verklaar of ingedeel kan word nie, en in heelparty gevalle word daar op die oog af gewoon idiosinkraties vertaal. Ten slotte word aanvullings by Lefevere se model voorgestel vir die ontwikkeling van ’n vollediger raamwerk vir die bestudering van vertaalde Afrikaanse poësie.
- ItemTowards linking user interface translation needs to lexicographic theory(Bureau of the WAT, 2015) Du Plessis, Andre; Swart, MariusIn a time of proliferating electronic devices such as smartphones, translators of user interfaces are faced with new challenges, such as the use of existing words in new contexts or in their obtaining new meanings. In this article, three lexicographic reference works available to translators in this field are compared: the Kuberwoordeboek/Cyber Dictionary (Viljoen 2006), the Pharos Afrikaans–Engels/English–Afrikaans Dictionary (Du Plessis et al. 2010) and the Microsoft Language Portal (www.microsoft.com/Language 2015). A list of selected examples (in English) is used to determine the extent to which each of these three works fulfils the needs of the user in terms of meaning discrimination for translating into Afrikaans. After determining this, an attempt is made to indicate whether the use of meaning discriminators such as part-of-speech markers, punctuation, paraphrases of meaning, and contextual and co-textual guidance (as indicated by Beyer 2009: 11) may have contributed to the success or failure of the given reference work, in order to arrive at a conclusion about the link between lexicographic theory and usability.
- ItemDie vertaling van eiename by Deon Meyer : 'n ondersoek na konsekwentheid(LitNet, 2018) Swart, Marius; Kleyn, RuchelleDeon Meyer is ’n bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse speurverhaalskrywer. Sy boeke is intrinsiek Afrikaans en beeld die Suid-Afrikaanse werklikheid uit. ’n Belangrike aspek van sy boeke is die eiename wat as kulturele merkers optree en die Suid-Afrikaanse kultuur in die Afrikaanse boeke uitbeeld. Dit is derhalwe belangrik om vas te stel of hierdie eiename die kultuur in die doelteks deur middel van vertaling konsekwent oordra of nie. Die artikel is dus gemoeid daarmee om eiename wat in Feniks (1996), Infanta (2004) en 7 Dae (2011) voorkom en die Suid-Afrikaanse kultuur uitbeeld te ondersoek en vas te stel of dié uitbeelding na die Engelse vertalings van die boeke oorgedra word. Dit word gedoen deur ’n teoretiese raamwerk daar te stel met behulp van Venuti (1995) se vertaalstrategieë vervreemding en domestikering, en Nord (1997) se funksionalistiese benadering. Die boeke is per hand deurgewerk om vas te stel hoe die eiename in die brontekste en in die ooreenstemmende doeltekste lyk. Eiename sluit byname, plekname, dorpsname, name van stede, persoonsname en streekname in. Die teorie word toegepas om vas te stel of die eiename konsekwent in die doelteks oorgedra word of nie, met behulp van Venuti se strategieë vervreemding en domestikering. Nord se funksionalistiese benadering word gebruik om op die teksfunksie eerder as op die vertaler self te fokus, omdat die uiteindelike vertaalproduk, eerder as die vertaalproses, die fokuspunt in hierdie ondersoek vorm. Met behulp van die funksie van die teks en Venuti se vertaalstrategieë word vasgestel hoe konsekwent die Suid-Afrikaanse kultuur met behulp van die eiename in die doelteks uitgebeeld word. Die gevolgtrekking is dat die eiename soms vervreemdend en soms domestikerend vertaal word, terwyl daar in ander gevalle blyke van beide strategieë is, asook van besluite wat oënskynlik lukraak geneem is. Dit kan tot gevolg hê dat die Suid-Afrikaanse kulturele inhoud, ’n sentrale element by Meyer se eiename, inkonsekwent in die doelteks se vertaalde eiename uitgebeeld word, wat nadelig op geloofwaardigheid kan inwerk.