Die persepsies van onderwysers rakende hul eie bevoegdheid ten opsigte van die onderrig van skeppende kunste in die intermediere fase (Graad 4-6)

Date
2015-04
Authors
Meyer, Lelanie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the perception of Creative Arts educators in the Intermediate Phase with regard to their own competency levels to teach Creative Arts effectively. Creative Arts consists of four art forms, namely Dance, Music, Drama and Visual Arts. The ideal is that all Creative Art educators are competent enough to teach the different art forms effectively. To answer the research question in order to achieve the goal of the study, the researcher made use of a qualitative research design from within an interpretive research paradigm. A case study strategy has also been applied by the researcher in order to obtain data pertaining to the specific aspect of the study, namely Creative Arts educators. Various sources were used to generate the data, namely semi-structured interviews, questionnaires and document analysis. Various precautionary measures were taken to ensure the validity and reliability of the data. During the course of the investigation, ethical issues were in question. However, the researcher followed the necessary guidelines to ensure that all endeavours were ethically acceptable. In the literature study the curriculum review process as well as the inclusion of Arts and Culture and Creative Arts in the curriculum is analysed. The training of Creative Arts educators and the challenges that this subject poses to schools and other mainstream educators are also considered. It was established that mainstream educators are often unable to teach this subject with the required confidence, knowledge and skills. Taking the results of this study into account, it appears that Creative Arts educators are not trained sufficiently in the four art forms, which influences the way in which the subject is taught. Educators who have received training in only one of the art forms tend to emphasise that particular art form only. The results of the study clearly indicate that the educators will only be able to do justice to Creative Arts as a subject if they are trained sufficiently to teach it with the necessary confidence and skill.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die persepsies van Skeppende Kunste-onderwysers in die Intermediêre Fase rakende hul eie bevoegdheidsvlak om Skeppende Kunste doeltreffend te onderrig. Skeppende Kunste bestaan uit vier kunsvorme, naamlik Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. Die ideaal is dat elke Skeppende Kunste-onderwyser bevoeg genoeg is om elkeen van hierdie kunsvorme doeltreffend aan te bied. Om die navorsingsvraag te beantwoord om die doel van die studie te verwesenlik, het die navorser ʼn kwalitatiewe navorsingstudie vanuit die interpretatiewe navorsingsparadigma onderneem. Die navorser het ook gebruik gemaak van ʼn gevalle-studiestrategie om data oor die spesifieke geval, naamlik Skeppende Kunste-onderwysers, in te samel. Daar is gebruik gemaak van veelvuldige bronne, naamlik semi-gestruktureerde onderhoude, vraelyste en dokumentontleding, om data te genereer. Verskillende stappe is gedoen om die geldigheid en betroubaarheid van die data te verseker. Tydens die ondersoek het etiese kwessies na vore getree, en die navorser het die nodige riglyne gevolg om seker te maak alle handelinge is eties. In die literatuurstudie word die kurrikulumhersieningsproses asook die insluiting van Kuns en Kultuur en Skeppende Kunste in die kurrikulum van naderby beskou. Verder word daar gekyk na die opleiding van Skeppende Kunste-onderwysers en die uitdaging wat hierdie vak aan skole en algemene opgeleide onderwysers bied. Daar is bevind dat algemene opgeleide onderwysers dikwels nie bevoeg voel om hierdie vak met die nodige selfvertroue, kennis en vaardighede aan te bied nie. Uit die resultate van die studie blyk dit dat Skeppende Kunste-onderwysers nie voldoende opgelei is in al vier kunsvorme nie, en dat dit wel ʼn invloed het op die manier waarop die vak aangebied word. Die onderwysers is geneig om die kunsvorm waarin hul wel opleiding ontvang het, te beklemtoon. Uit die studie is dit duidelik dat die vak Skeppende Kunste slegs tot sy reg sal kom indien onderwysers wat dit aanbied voldoende opgelei is om die vak met die nodige selfvertroue en bekwaamheid te onderrig.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Arts -- Study and teaching (Elementary) -- South Africa, Art teachers -- South Africa -- Rating of, UCTD
Citation