Die NCVV as welsynsorganisasie, 1912-1992 : 'n evaluatiewe studie

Date
1993
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A historical evaluative study was undertaken regarding the development of the Natalse Christelike Vrouevereniging from a charitable association into a fully fledged welfare organisation. The research was done with reference to archival sources in the Pietermaritzburg State Archives as well as the Archive of the Natal Dutch Reformed Church. Newspaper, journals, articles and brochures were consulted and interviews were undertaken. A literature study was done to bring the development of the NCVV in context with broad developments in the welfare and socio-political spheres during the corresponding historical periods. The historical research project deals with the history of the NCVV over a period of eighty years. The eighty years extends from 1912 with the establishment of the Zusterswerkgeselschap in Pietermaritzburg; the establishment of the NCVV in 1915, the appointment of the first social worker in 1940; the break with the Dutch Reformed Church in 1959 to the development of the NCVV into a fully fledged welfare organisation in 1992. The NCVV was founded by Afrikaner women as a charitable association for the purpose of promoting the moral, cultural, educational and welfare interests of the Afrikaner. The main aim and the activity of the NCVV was however, its welfare function which was undertaken by social workers and voluntary workers. The NCVV developed into a fully fledged welfare organisation playing its roll in the welfare field in the spheres of family care and care of the aged through use of individual work, group work and community work. The NCVV developed gradually from an organisation which only served the interests of one cultural group, to an organisation which is giving more and more attention to the interests of the broad Nata community. Because of the knowledge and experience which the NCVV has accumulated over many years in the welfare and educational fields, it is eminently capable of making an outstanding contribution in the upliftment of underdeveloped communities in Natal in the future.
AFRIKAANSE OPSOMMING: ‘n Historiese-evaluatiewe studie is onderneem ten opsigte van die ontwikkeling van die Natalse Christelike Vrouevereniging vanaf ‘n liefdadigheidsvereniging tot ‘n volwaardige welsynsorganisasie. Die ondersoek is gedoen deur argivale bronne by sowel die Pietermaritzburgse Staatsargief as die argief van die NG Kerk van Natal, te raadpleeg. Koerante, tydskrifte, artikels en brosjures is geraadpleeg, terwyl ook van onderhoude gebruik gemaak is. Verder is ook ‘n literatuurstudie gedoen om die ontwikkeling van die NCVV in verband te bring met die breëre ontwikkelings op maatskaplike en sosio-politieke terrain in die ooreenstemmende historiese tydperke. Die historiese navorsingsprojek behandel die geskiedenis van die NCVV oor ‘n periode van tagtig jaar. Hierdie tagtig jaar strek vanaf 1912 met die ontstaan van die Zusterswerkgeselschap in Pietermaritzburg; die indiensnemeing van die eerste maatskaplike werkers in 1940; die breek met die NG Kerk in 1959 tot en met die ontwikkeling van die NCVV as ‘n volwaardige welsynsorganisasie in die jaar 1992. Die NCVV het ontstaan as ‘n liefdadigheidsorganisasie wat deur Afrikaner vroue gestig is met die doel om die Afrikaner se belange op sederlike, kulturele, opvoedkundige en maatskaplike gebied te bevorder. Die hooftaak en aktiwiteit van die NCVV was egter sy welsynsaksie wat deur maatskaplike werkers en vrywilligers verrig is. Die NCVV het ontwikkel tot ‘n volwaarde welsynsorganisasie wat sy rol op welsynsterrein op die gebied van gesinsorg en bejaardesorg deur middle van individuele werk, groepwerk en gemeenskapwerk. Waar die NCVV aanvanklik slegs die belange van ‘n kultuurgroep bevorder het, het dit gaandeweg ontwikkel tot ‘n prganisasie wat mee ren meer aandag aan die belange van die breëre Natalse gemeenskap skenk. Weens die kundigheid en ondervinding wat die NCVV oor baie jare op welsyns- en opvoedkundige terrain opgedoen het, is dit uiters geskik om ‘n uitnemende bydrae in die toekoms te lewer tot die opheffing van agtergeblewe gemeenskappe in Natal.
Description
Tesis (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1993.
Keywords
Social service -- South Africa -- KwaZulu-Natal, Community welfare councils -- South Africa -- KwaZulu-Natal, Dissertations -- Social work
Citation
Collections