Die geskiedenis van sendingwerk deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk onder die Buysstam in Noord-Transvaal
Date
1977
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Sowat 50 kilometer wes van Louis Trichardt, teen die suidelike hang
van die Soutpansberg, lê Buysdorp. Die plek het 'n misleidende naam want tensy 'n mens 'n skool,'n poskantoor en 'n kerk 'n dorp noem, is
daar geen sprake van 'n dorp nie. Buysdorp lê in die middel van 'n
groat pleas mars, wat aan die Buysstam behoort. Die naam Buysstam
kan ook misleidend wees aangesien almal wat op die plaas woon nie
Buys genoem word nie. Die mense is wel almal familie van mekaar,
maar van die 56 gesinne wat tans (1977) daar bly, dra net 29 die van
Buys.1) Die ander vanne het met die loop van jare deur huwelike en
buite-egtelike geboortes bygekom. Dear woon ook 'n groot groep swart
arbeiders op die plaas.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 1977.
Keywords
Indigenous peoples -- South Africa