Die waarneming van luidheid as basis vir die meting van geraassteuring en produktiwiteit : 'n internasionale ondersoek

Date
1976-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: INLEIDING: Gedurende 1946 is op 'n vergadering in Londen deur afgevaardigdes van 25 lande besluit om 'n internasionale organisasie te stig met die doel om industriele standaarde internasionaal te koordineer (I.S.O., 1973). Amptelik het die Internasionale Standaardisasie Organisasie op 23 Februarie 1947 begin funksioneer en sedertdien uitgebrei tot 'n ledetal van 58 lande. Standaarde neergel~ deur hierdie liggaam word egter reeds deur 73 lande toegepas. Die doel van die Internasionale Standaardisasie Organisasie is gemik op wereldwye ooreenstemming ten opsigte van internasionale standaarde met die oog op uitbreiding in handel, verbetering in kwaliteit van produksie, toename in produktiwiteit en 'n verlaging van pryse. Hierdie liggaam beskerm dus die belange van vervaardigers, gebruikers, verbruikers, regeringsinstansies en wetenskaplikes deur eenvormige voorbereiding van internasionale standaarde. Die invloed van die Internasionale Standaardisasie Organisasie raak bykans elke tegnologiese gebied, met uitsondering van elektrotegniese vraagstukke wat deur 'n sustersliggaam, naamlikdie Internasionale Elektrotegniese Kommissie (I.E.C.) hanteer word. Die aktiwiteite van die Internasionale Standaardisasie Organisasie vind plaas deur middel van 1500 tegniese organisasies en meer as 100 000 spesialiste van alle dele vandie wereld word betrek. Hierdie organisasie kon sodoende reeds meer as 2500 internasionale standaarde publiseer. Die internasionale openbare mening word in toenemende mate in ag geneem by die neerl~ van beperkings op omgewingsbesoedeling. Die probleme wat binne die raamwerk van I.S.O. hanteer word, is internasionaal van aard. Lug- en waterbesoedeling is nie beperk tot nasionale grense nie 2 en geraas kan veroorsaak word deur dieselfde motorvoertuig, vliegtuig of enigeandergeraasbron in enige deel van die wereld. "There is, moreover, no reason why all national laws, regulations and standards in this field could not be based upon the same scientific and technological knowledge and experience. Fundamental requirements, such as terminology, methods of measure and testing should be internationally standardized, so that all national decisions repose on the same scientific platform." (I.S.O., 1974).
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 1976.
Keywords
Citation