Die waarneming van luidheid as basis vir die meting van geraassteuring en produktiwiteit : 'n internasionale ondersoek

dc.contributor.advisorVan Biljon, I. J.en_ZA
dc.contributor.authorVan Wyk, Abraham Jacobusen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences . Dept. of Economics
dc.date.accessioned2012-08-27T12:08:20Z
dc.date.available2012-08-27T12:08:20Z
dc.date.issued1976-03
dc.descriptionThesis (PhD)--Stellenbosch University, 1976.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: INLEIDING: Gedurende 1946 is op 'n vergadering in Londen deur afgevaardigdes van 25 lande besluit om 'n internasionale organisasie te stig met die doel om industriele standaarde internasionaal te koordineer (I.S.O., 1973). Amptelik het die Internasionale Standaardisasie Organisasie op 23 Februarie 1947 begin funksioneer en sedertdien uitgebrei tot 'n ledetal van 58 lande. Standaarde neergel~ deur hierdie liggaam word egter reeds deur 73 lande toegepas. Die doel van die Internasionale Standaardisasie Organisasie is gemik op wereldwye ooreenstemming ten opsigte van internasionale standaarde met die oog op uitbreiding in handel, verbetering in kwaliteit van produksie, toename in produktiwiteit en 'n verlaging van pryse. Hierdie liggaam beskerm dus die belange van vervaardigers, gebruikers, verbruikers, regeringsinstansies en wetenskaplikes deur eenvormige voorbereiding van internasionale standaarde. Die invloed van die Internasionale Standaardisasie Organisasie raak bykans elke tegnologiese gebied, met uitsondering van elektrotegniese vraagstukke wat deur 'n sustersliggaam, naamlikdie Internasionale Elektrotegniese Kommissie (I.E.C.) hanteer word. Die aktiwiteite van die Internasionale Standaardisasie Organisasie vind plaas deur middel van 1500 tegniese organisasies en meer as 100 000 spesialiste van alle dele vandie wereld word betrek. Hierdie organisasie kon sodoende reeds meer as 2500 internasionale standaarde publiseer. Die internasionale openbare mening word in toenemende mate in ag geneem by die neerl~ van beperkings op omgewingsbesoedeling. Die probleme wat binne die raamwerk van I.S.O. hanteer word, is internasionaal van aard. Lug- en waterbesoedeling is nie beperk tot nasionale grense nie 2 en geraas kan veroorsaak word deur dieselfde motorvoertuig, vliegtuig of enigeandergeraasbron in enige deel van die wereld. "There is, moreover, no reason why all national laws, regulations and standards in this field could not be based upon the same scientific and technological knowledge and experience. Fundamental requirements, such as terminology, methods of measure and testing should be internationally standardized, so that all national decisions repose on the same scientific platform." (I.S.O., 1974).af_ZA
dc.description.versionDoctoral
dc.format.extent303 pages : illustrations
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/64353
dc.language.isoaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch University
dc.rights.holderStellenbosch University
dc.subject.lcshNoise -- Psychological aspectsen_ZA
dc.subject.lcshWork measurementen_ZA
dc.subject.lcshLazinessen_ZA
dc.subject.nameUCTD
dc.titleDie waarneming van luidheid as basis vir die meting van geraassteuring en produktiwiteit : 'n internasionale ondersoekaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
van wyk_waarneming_1976_Redacted.pdf
Size:
5.23 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: