Die aard en omvang van werksafwesigheid by Kleurlingwerkers in Kaapse nywerhede

Date
1974
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie verslag bevat die eerste resultate van 'n breere ondersoek ยท na werksafwesighei.d onder Kleurlingwerkers in Kaapse nywerhede .. Dit spruit voort uit vertoe wat deur die Kaapse Kamer van Nywerhede aan die Departement van Sosiologie van die Universiteit van Stellenbosch gerig is. Aangesien tot dusver weinig oorsigtelike navorsing oor die verskynsel van werksafwesigheid gedoen is, moet hierdie projek uiteraard as 'n verkenningstudie beskou word. Om hierdie rede word in hierdie verslag dan ook in hoofsaak aandag gegee aan die aard en omvang van die verskynsel. Teen die agtergrond van die kennis wat nou beskikbaar is, word tans aan verdere aspekte van die verskynsel aandag geskenk, en 'n omvattende verslag sal hopelik eersdaags voorberei word. Finansiele steun vir hicrdie projek is goedgunstelik deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing verleen. Die Raad vir Geest.eswetenskaplike Navorsing is egter nie verantwoordelik vir menings en gevolgtrekkings vervat in hierdie verslag nie.
Description
Thesis (MA) -- University of Stellenbosch, 1974.
Keywords
Absenteeism (Labor), Industrial sociology, Psychology, Industrial, Dissertations -- Sociology, UCTD
Citation