The system will be unavailable for updates from 12:30 on Tuesday 23 May to prepare for the upgrade of the software platform.

Enkele persoonlikheidskenmerke by essensiele hipertensie-Kleurlingvroue

Venter, Anna Magdalena (1977)

Proefskrif (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1977.

Thesis

AFRIKAANSE OPSOMMING: Nieteenstaande die feit dat daar groat vooruitgang gemaak is op mediese gebied, kon daar tot nog toe geen eenstemmigheid verkry word oor die aard en etiologie van essensiele hipertensie nie. (Grollman, 1973; Redaksioneel, The Lancet, 1976; Thomas, 1973). Nogtans is dié toestand die belangrikste epidemie van die twintigste eeu en minstens 23 miljoen volwasse Amerikaners ly aan hipertensie (Sheps en Kirkpatrick, 1975). Page (1976) het byvoorbeeld aangetoon dat ongeveer vyftien tot twintig persent van die volwasse bevolking van die Verenigde State van Amerika en ander ge1ndustraliseerde volke deur die siekte geaffekteer word. Sommige skrywers ontken die bestaan van essensiele hipertensie as enkele entiteit of siekte en gaan van die standpunt uit dat dit 'n patogenetiese heterogene groep afwykings is (Knudsen, Iwai en Dahl, 1973; Pickering, 1955). Volgens Kolb (1973) is dit 'n sistemiese reaksie wat deur 'n verskeidenheid faktore veroorsaak kan word.

Please refer to this item in SUNScholar by using the following persistent URL: http://hdl.handle.net/10019.1/54431
This item appears in the following collections: